Vida Booysen se berig “Nederlandse regering betaal miljarde sodat hul boere sal ophou boer” het betrekking. Dit laat die vraag ontstaan of Afrika kan baat vind by Nederland se surplus beesmis, veral met die styging in Suid-Afrikaanse kunsmispryse van tot 200%.
Só kan Nederland koolstofkrediete verdien. Om ’n ton koolsuurgas in die Europese Unie (EU) uit die lug te haal, kos $120 (R1 945), terwyl dit in Suid-Afrika $7 (R113) kos.
Red só baie Nederlandse boere en help Afrika. Die Nederlandse regering het ’n plan om dié land se veestapel oor die volgende 13 jaar met tot ’n derde te verminder en het €25 miljard (R423 miljard) opsy gesit om boere te betaal om op te hou boer.