AFGRI
BEAN
09 Des
-
9420
0,00
CORN
09 Des
-
4391
0,00
SOYA
09 Des
-
10543
0,00
SUNS
09 Des
-
10900
0,00
WEAT
09 Des
-
6703
0,00
WMAZ
09 Des
-
4920
0,00
YMAZ
09 Des
-
4757
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
25 Nov
-
161,43
8,93
Ave Wool - RWS
25 Nov
-
165,08
7,23
Beeste A2/3
25 Nov
-
59,74
-0,14
Beeste AB2/3
25 Nov
-
55,92
-2,28
Beeste B2/3
25 Nov
-
51,94
-0,63
Beeste C2/3
25 Nov
-
49,11
-0,63
Bevrore Hoender
25 Nov
-
32,3
0,32
Bokkies (onder 30 kg)
25 Nov
-
59,57
0,15
Bokooie
25 Nov
-
42,28
3,18
Groot (meer as 40 kg)
25 Nov
-
43,87
-0,26
Hoender (IQF)
25 Nov
-
31,5
0,18
Medium (30-40kg)
25 Nov
-
60,31
5,18
Pork Average
25 Nov
-
36,15
-0,47
Poultry Average
25 Nov
-
32,51
0,25
Skaap A2/3
25 Nov
-
91,99
-0,90
Skaap AB2/3
25 Nov
-
77,48
-0,41
Skaap B2/3
25 Nov
-
74,46
1,06
Skaap C2/3
25 Nov
-
70,17
0,20
Speenkalf
25 Nov
-
36,89
-0,04
Spekvarke
25 Nov
-
36,25
-0,10
Stoorlammers
25 Nov
-
40,69
0,18
Varkwors
25 Nov
-
28,46
-0,82
Vars Hoender
25 Nov
-
33,73
0,26
Vleisvarke
25 Nov
-
36,02
-0,69

’n Wet ‘gaan nie naspeurbaarheid afdwing’

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Ter illustrasie. Foto: LBW-argief
Ter illustrasie. Foto: LBW-argief
LITS-SA: Markkragte kan ’n groter rol speel as wetgewing om boere te oorreed om naspeurbaarheid toe te pas.

Die afkondiging vroeër vandeesweek dat LITS-SA (The Livestock Identification and Traceability System in South Africa) in Oktober in werking kan tree, het die bedryf onkant gevang.

Tog is deelname aan LITS-SA nog nie wetlik verpligtend nie. Bowendien is ’n wetlike verpligting geen waarborg dat boere daaraan gaan deelneem nie.

Só het mnr. Gerhard Schutte, hoofbestuurder van die Rooivleisprodusente-organisasie (RPO), gesê in ’n gespreksessie van die NWU Besigheidskool by Nampo Alfa oor die toepassing van naspeurstelsels.

“Die brandmerk van beeste en die tatoeëring van kleinvee is wetlik verpligtend, maar die RPO het gevind dat voldoening aan die wet net 30% is. Boere gaan daarom wetlik verpligte deelname aan ’n naspeurbaarheidstelsel net ignoreer. Daar sal dus ander maniere, insluitende marktoegang en bewese voordele aan boere wat wel aan die stelsel deelneem, gevind moet word voordat boere hieraan sal deelneem.”

Schutte het gesê die ideaal sal wees om weer uitvoer van Suid-Afrikaanse rooivleis na groot kopers soos China te herstel en dat naspeurbaarheid die roete daarheen is. “Hoewel ons steeds na 25 ander lande uitvoer, wil ons terugkeer na die Chinese mark, maar dan moet ons ’n doeltreffende naspeurbaarheidstelsel hê.

“Daar is reeds heelwat diensverskaffers en stelsels op die mark wat doeltreffend werk en wat deur boere gebruik word. Ons moet eers kyk na die identifikasie van individuele diere met ’n eienaar en ’n plek waar die dier is. Dit is ’n stap in die regte rigting om invoer van Suid-Afrika aan te moedig,” het hy gesê.

LITS nie al antwoord

Wat betref die departement van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling se kapasiteit om ’n stelsel so groot en gekompliseerd as LITS te bestuur, meen Schutte die kapasiteit is nie daar nie.

“Die vrye mark sal dus moet intree om naspeurbaarheid te reguleer. Ons moet onthou dat 90% van alle beeste wat in Suid-Afrika geslag word, van voerkrale kom. Die voerkraalbedryf het stelsels gereed, maar van die boer tot die voerkraal is daar nie werklik sulke stelsels nie. Ons moet dus minimalisties begin en van daar af werk.”

Schutte het gesê individuele stelsels van onafhanklike diensverskaffers sal uiteindelik ook met die LITS-stelsel moet kan praat.

“Ons gaan dit nie oornag regkry nie, maar ons moet êrens begin. Suid-Afrika is internasionaal mededingend wat sy rooivleisproduksie betref, maar ons moet net hierdie stelsel regkry om handel moontlik te maak.”

Verras

Mnr. Dewald Olivier, hoofbestuurder van die Suid-Afrikaanse Voerkraalvereniging, sê die aankondiging dat die LITS-stelsel in werking gaan tree, het hom verras.

“Op ons vorige vergadering was die voorneme om boere stelselmatig in die stelsel in te bring en op te lei en daarna voort te gaan met die toepassing daarvan.”

Oliver wys daarop dat kommersiële boere eerste die geleentheid sal kry om op die platform te registreer ten einde te bepaal hoe doeltreffend die stelsel sal funksioneer wanneer groot getalle mense dit gebruik.

“Vir eers gaan dit ook nie oor vee nie, maar om veeboere te identifiseer. Ons wil aanvanklik net drie faktore bepaal: waar is die dier, wie is die boer en waar boer hy.”

Olivier sê die komitee is ook daarvan bewus dat boere lugtig sal wees om hul inligting aan ’n staatsinstelling te gee, veral omdat hierdie inligting aan die Suid-Afrikaanse Inkomstediens beskikbaar gestel gaan word, maar sê dat boere ook nie hul hele kudde hoef te registreer nie, maar slegs daardie diere wat hulle beoog om te verkoop.

Die mark skryf voor

Olivier het gesê markkragte sal boere dalk oorreed om op die stelsel te registreer.

“Tydens die Voerkraalvereniging se jongste vergadering het die bedryf saamgestem dat, sodra daar ’n nasionale databasis gereed is, hetsy deur die regering of deur die bedryf self ingestel, geen voerkrale diere sal aankoop wat nie naspeurbaar is nie.

“Die groot voorlopers in hierdie opsig was die drie groot voerkrale in die land wat onderneem het om nie diere te koop wat nie naspeurbaar is nie. Dit kan ’n dryfveer wees vir boere om die diere wat hulle wil bemark, te registreer.”

Olivier het gesê die inwerkingstelling van ’n doeltreffende naspeurbaarheidstelsel is onontbeerlik vir die Suid-Afrikaanse rooivleisbedryf, maar dat dit nie boere se privaatheid moet skend nie.

“As bedryfsverteenwoordiger gaan ek nie mense paai aangaande stelsels wat die staat se verantwoordelikheid is nie. Ek gaan wel na maniere soek sodat boere meer gemaklik is om aan die stelsel deel te neem.”

Oor nuwe toetreders tot die rooivleisbedryf, het Olivier gesê as hierdie boere by die stelsel aansluit, sal naspeurbaarheid reeds ’n groot hupstoot kry. “Hierdie boere maak van die grootste veeboere, getallegewys, in die land uit en indien ons hulle kan betrek sal dit ’n groot stap in die regte rigting wees.”

Laai die Landbou.com-app af en lees jou landbounuus direk op die app. Dié app is beskikbaar in die Apple-, Android- en Huawei-winkels.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.35
-1.0%
Rand - Pond
21.27
+0.1%
Rand - Euro
18.30
-0.0%
Rand - Aus dollar
11.80
+0.1%
Rand - Jen
0.13
+0.1%
Goud
1,797.30
0.0%
Silwer
23.48
0.0%
Palladium
1,956.00
0.0%
Platinum
1,028.50
0.0%
Brent-ruolie
76.10
-0.1%
Top-40
68,351
+0.1%
Alle aandele
74,548
+0.1%
Hulpbronne 10
73,315
-0.7%
Industriële 25
92,605
+1.0%
Finansiële 15
15,401
-0.9%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
lewensmaat
Eks eerlik opreg weet wat ek wil he in die lewe hardwerkend en sal n goeie vriend wees. Eks rustig netjies en sal my vriendin op die hande dra. Hou niks van argumente nie wil...
Ek soek my sielsgenoot, die een wat by my sal pas
Ek is baie saggeaard en my liefde vir my familie en diere vorm deel van wie ek is. Glo dat God ons nie gemaak het om alleen te wees nie
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot