Die vermenging van melkvastestowwe met plantaardige proteïene, vette en koolhidrate, asook die vervaardiging van plantgebaseerde namaaksels van melkprodukte hou groot bedreigings vir die melkbedryf in.
In teenstelling met die vleisbedryf wat onlangs regulasies teen die gebruik van vleisverwante name vir namaaksels gekry het, gooi melkverwerkers, ondanks internasionale aanbevelings daaroor, wal teen soortgelyke regulasies vir nagemaakte melkprodukte.
Die gebruik van melkspesifieke name vir nagemaakte produkte is lank reeds ’n probleem. In 1999 is daar reeds ’n Codex-standaard (206 van 1999, sien ook die kassie ) gepubliseer met reëls vir die gebruik van melkspesifieke name.