AFGRI
BEAN
09 Des
-
9600
95,00
CORN
09 Des
-
4405,4
14,40
SOYA
09 Des
-
10400
72,00
SUNS
09 Des
-
10530
69,00
WEAT
09 Des
-
6751
-13,00
WMAZ
09 Des
-
4780
-31,00
YMAZ
09 Des
-
4730
-2,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
25 Nov
-
161,43
8,93
Ave Wool - RWS
25 Nov
-
165,08
7,23
Beeste A2/3
25 Nov
-
59,74
-0,14
Beeste AB2/3
25 Nov
-
55,92
-2,28
Beeste B2/3
25 Nov
-
51,94
-0,63
Beeste C2/3
25 Nov
-
49,11
-0,63
Bevrore Hoender
25 Nov
-
32,3
0,32
Bokkies (onder 30 kg)
25 Nov
-
59,57
0,15
Bokooie
25 Nov
-
42,28
3,18
Groot (meer as 40 kg)
25 Nov
-
43,87
-0,26
Hoender (IQF)
25 Nov
-
31,5
0,18
Medium (30-40kg)
25 Nov
-
60,31
5,18
Pork Average
25 Nov
-
36,15
-0,47
Poultry Average
25 Nov
-
32,51
0,25
Skaap A2/3
25 Nov
-
91,99
-0,90
Skaap AB2/3
25 Nov
-
77,48
-0,41
Skaap B2/3
25 Nov
-
74,46
1,06
Skaap C2/3
25 Nov
-
70,17
0,20
Speenkalf
25 Nov
-
36,89
-0,04
Spekvarke
25 Nov
-
36,25
-0,10
Stoorlammers
25 Nov
-
40,69
0,18
Varkwors
25 Nov
-
28,46
-0,82
Vars Hoender
25 Nov
-
33,73
0,26
Vleisvarke
25 Nov
-
36,02
-0,69

Namibiërs is Suider-Afrikaanse Stoetteler van die Jaar

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Me. Bianca Lueesse en haar pa, wyle mnr. Reini Rusch, wat tot met sy dood vanjaar saam met haar geboer het. Foto: Charl van Rooyen
Me. Bianca Lueesse en haar pa, wyle mnr. Reini Rusch, wat tot met sy dood vanjaar saam met haar geboer het. Foto: Charl van Rooyen
’n Namibiese vrou, me. Bianca Lueesse, het die vlagskip-toekenning as Breedplan en Landbouweekblad se Suider-Afrikaanse Stoetteler van die Jaar 2022 op die jaarlikse LRF-Veeskool by Aldam ontvang.

Die toekenning is tydens die Veeskool se galadinee oorhandig.

Sy boer op die plaas Lichtenstein-West in die Khomas Hochland buite Windhoek met ’n Simmentaler- en ’n Brahman-stoetery, en trofeewild. Die terrein is baie bergagtig, hard en klipperig, maar die veld bestaan uit meer as honderd baie voedsame grassoorte. Die reënval beloop gemiddeld 350 mm per jaar.

Die Simmentaler-stoetery het sy beslag gedurende die 1880’s gekry toe ’n Rusch-pionier van die beeste ingevoer het. Die stoetery is ’n halfeeu gelede geregistreer. Haar ma, Marlies, het die Brahman-stoetery gedurende die laat 1970’s gevestig.

Bianca het die grade BSc en BScHons in genetika aan die Universiteit van Pretoria verwerf en daarna by die Namibiese ministerie van landbou se afdeling vir navorsing gewerk. In 2000 het sy saam met haar pa, Reini, begin boer. Sy het van die begin af saam met haar ouers die stoeterye behartig en was ook by die boerdery se trofeejagbedryf betrokke.

In 2010 het mnr. Hans Gerd vanaf Duitsland gekom om saam met hulle te boer en hy is in 2016 met Bianca getroud. Hy het landbou in Duitsland gestudeer en was daar by navorsing, produksie en gehaltebeheer in voedselveiligheid betrokke.

Bianca het reeds Breedplan se hoogste meting vir prestasiemeting, vyf sterre, vir die Simmentaler- én die Brahman-stoetery verwerf.

Prof. Frikkie Neser, hoof van dier-, wild- en weidingkunde van die fakulteit natuur- en landbouwetenskappe aan die Vrystaatse Universiteit en beoordelaar van die Suider-Afrikaanse Stoetteler van die Jaar-kompetisie, sê Lueese se uitstekende tussenkalfperiode van 355 dae tussen die eerste en tweede kalwers in die Simmentaler-kudde is ’n voorbeeld van wat in die beesbedryf vermag kan word. 

Ander finalis

Mnr. Heinz en me. Almut Gruhn, eienaars van Otongovi Herefords, wat ook buite Windhoek gesetel is, was die ander finalis in die kompetisie.

Hul stoetery bestaan reeds sedert 1996 en word as een van die belangrikste Hereford-koppelkuddes ter wêreld beskou, omdat die eienaars hul kudde deur middel van enkelstap, genomiese Blup-tegnologie met kuddes in Namibië, Suid-Afrika, Kanada en Australië koppel.

Neser swaai hul geesdriftige deelname aan moderne tegnologie lof toe en voeg by dat die genetiese eienskappe van die kudde aan hul teeldoelwitte voldoen.

“Die stoetery kan trots wees op die uitstekende tussenkalfperiode van slegs 382 dae. Die egpaar verdien erkenning vir die belangrike rol wat hulle in die Hereford-bedryf speel.”

Laai die Landbou.com-app af en lees jou landbounuus direk op die app. Dié app is beskikbaar in die Apple-, Android- en Huawei-winkels.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.36
-1.1%
Rand - Pond
21.29
-1.3%
Rand - Euro
18.29
-0.9%
Rand - Aus dollar
11.81
-1.5%
Rand - Jen
0.13
-1.2%
Goud
1,797.73
+0.5%
Silwer
23.50
+1.9%
Palladium
1,963.22
+1.7%
Platinum
1,030.76
+2.1%
Brent-ruolie
76.15
-1.3%
Top-40
68,351
+0.1%
Alle aandele
74,548
+0.1%
Hulpbronne 10
73,315
-0.7%
Industriële 25
92,605
+1.0%
Finansiële 15
15,401
-0.9%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
lewensmaat
Eks eerlik opreg weet wat ek wil he in die lewe hardwerkend en sal n goeie vriend wees. Eks rustig netjies en sal my vriendin op die hande dra. Hou niks van argumente nie wil...
Ek soek my sielsgenoot, die een wat by my sal pas
Ek is baie saggeaard en my liefde vir my familie en diere vorm deel van wie ek is. Glo dat God ons nie gemaak het om alleen te wees nie
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot