AFGRI
BEAN
22 Okt
-
6602
0,00
CORN
22 Okt
-
3085
0,00
SOYA
22 Okt
-
7266
0,00
SUNS
22 Okt
-
10911
0,00
WEAT
22 Okt
-
5681
0,00
WMAZ
22 Okt
-
3146
0,00
YMAZ
22 Okt
-
3284
0,00
AMT
Beeste A2/3
15 Okt
-
52,8
-0,02
Beeste AB2/3
15 Okt
-
51,31
-0,01
Beeste B2/3
15 Okt
-
48,96
-0,01
Beeste C2/3
15 Okt
-
45,22
-0,01
Bevrore Hoender
15 Okt
-
29,38
0,00
Bokkies (onder 30 kg)
15 Okt
-
70,93
-0,02
Bokooie
15 Okt
-
48,66
-0,06
Groot (meer as 40 kg)
15 Okt
-
45,81
-0,06
Hoender (IQF)
15 Okt
-
27,14
-0,01
Medium (30-40kg)
15 Okt
-
54,22
0,00
Skaap A2/3
15 Okt
-
83,02
0,03
Skaap AB2/3
15 Okt
-
76,42
0,01
Skaap B2/3
15 Okt
-
70,77
0,02
Skaap C2/3
15 Okt
-
66,17
0,04
Speenkalf
15 Okt
-
39,71
-0,04
Spekvarke
15 Okt
-
26,67
-0,01
Stoorlammers
15 Okt
-
44,17
0,02
Varkwors
15 Okt
-
22,08
-0,01
Vars Hoender
15 Okt
-
31,07
0,00
Vleisvarke
15 Okt
-
28,47
-0,01
Wol (skoon)
15 Okt
-
163,22
0,00

Natter, warmer weer wek kommer oor entstowwe

akkreditasie
0:00
play article
Intekenaars kan na hierdie artikel luister
Die Hugenoot-kudde van mnr. Jannie Odendal van Kroonstad.  Foto: CHARNÉ KEMP
Die Hugenoot-kudde van mnr. Jannie Odendal van Kroonstad. Foto: CHARNÉ KEMP
Verwagtinge van ’n natter en warmer somer wat ’n teelaarde vir insekte en bosluise skep, en dus siektes soos slenkdalkoors, laat kommer ontstaan te midde van ’n entstoftekort.

Dr. Peter Oberem, uitvoerende hoof van Afrivet, sê die verwagte nat toestande die komende somer skep die ideale toestande vir parasiete om hul lewensiklusse te voltooi en vinniger te vermenigvuldig.

Onderstepoort Biologiese Produkte (OBP) het vroeër bevestig dat hy weens logistieke probleme en onklaar laboratoriumtoerusting agter geraak het met die vervaardiging van sekere diere-entstof.

“Ek hoop my kommer oor slenkdalkoors is onnodig, maar boere moet versigtig wees. Hoewel daar ’n klein uitbreking twee jaar gelede was, was daar ’n baie groter een tien jaar gelede. ’n Mens kan daarom nie OBP kwalik neem as hy nie heeltyd entstof teen slenkdalkoors aanhou nie.

“Boere moet vooruit beplan vir inenting. As muskiete wat die winter oorleef het, vroeg dié seisoen begin broei, gaan daar derduisende insekte wees wat met elke nuwe geslag vermenigvuldig en versprei.

“Van die simptome (van slenkdalkoors) is aborsies en misvormde lammers. “Benewens kleinvee kan grootvee en selfs wild, soos buffels, die siekte opdoen en vrek. Boere en veeartse wat met bloed en liggaamsvloeistowwe in aanraking kom, kan ook die siekte opdoen, wat noodlottig kan wees.”

Hy waarsku boere om “nie te mak te raak” en nie hul diere in te ent nie. Boere moet insekbekamping toepas en hul diere dip om bosluise, vlieë, muskiete en muggies af te weer.

BESKIKBAARHEID

Dragtige diere moenie met die lewende entstof teen slenkdalkoors ingeënt word nie, want dit kan aborsies of misvormde lammers veroorsaak. Die geïnaktiveerde entstof is duurder en minder doeltreffend.

“Toe ek ’n paar jaar gelede ’n stabieler lewende slenkdalkoors-entstof wat veilig vir dragtige diere is, van Marokko wou invoer, wou die Suid-Afrikaanse owerhede niks daarvan weet nie. Dié entstof word selfs in Europese lande gebruik.

“Dit is belangrik dat boere in veral die Oos-Kaap, KwaZulu-Natal, Limpopo en Mpumalanga hul grootvee ook teen Asiatiese en Afrika-rooiwater, galsiekte en hartwater inent.

“Ek weet nie hoeveel een- hede entstof OBP beskikbaar het nie. Daar is 14 miljoen beeste en 30 miljoen skape en bokke in Suid-Afrika. Dit beteken daar moet net soveel dosisse beskikbaar wees om bioveilig te wees.” 

KOUEKETTING

Mnr. Willem Symington, ad- junkvoorsitter van Agri Noord-Kaap en skaapboer van Williston, sê hy is bekommerd oor die moontlike uitbreking van bloutong en slenkdalkoors wat met insekte gepaard gaan. Hy het ook nie vertroue in die handhawing van die koueketting by OBP nie.

“Indien ons reën kry en gevolglik baie muskiete het, gaan entstof teen bloutong en slenkdalkoors benodig word. Ons benodig ook entstof teen ensoötiese aborsie en Brucella ovis vir geslagsoordraagbare siektes by ramme, wat heelwat verliese kan veroorsaak.

“Ek gebruik geresepteerde, ongeregistreerde entstowwe wat op voorskrifpermit beskikbaar is, want dit is doeltreffend en bekostigbaar.”   Mnr. Jannie Odendal, wat by Kroonstad met Hugenoot- beeste boer, is ook bekommerd oor die koueketting.

“ ’n Mens wonder soms of entstof doeltreffend is. Ek het een keer een deel van die kudde teen knopvelsiekte ingeënt, en tog het baie meer van hulle die siekte opgedoen as die diere wat ek nie ingeënt het nie.”

Hy betaal eerder duurder vir ’n entstof wat hy vertrou. “Geen entstof waarborg dat jou diere veilig is, maar dit help om ’n bietjie immuniteit onder die kudde te hê om nie groot verliese te ly nie.

Dit is daarom belangrik om jou diere gereeld in te ent, soos wanneer hulle gespeen is, en dit op te volg met skraagdosisse om die immuniteit te stu. Sekere siektes, soos sponssiekte en lamsiekte, word net deur inenting gekeer, en kan nie behandel word nie.” 

‘DAAR IS GENOEG’

Dr. Jacob Modumo, sake-ontwikkelingsbetuurder by OBP, sê hulle het genoeg lewende en inaktiewe entstof teen slenkdalkoors beskikbaar, en hy het vertroue in die gehalte.

“Ons bloedentstof is in die toetstydperk en ons verwag die uitslae binne agt tot nege weke. Die perdesiekte-, bloutong- en knopvelsiekte-entstof sal teen einde September beskikbaar wees.” Hy het nie uitgebrei oor presies hoeveel dosisse van elke entstof beskikbaar is nie.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
14.85
-1.2%
Rand - Pond
20.49
-0.4%
Rand - Euro
17.30
-0.2%
Rand - Aus dollar
11.09
-0.2%
Rand - Jen
0.13
-0.1%
Goud
1,793.05
0.0%
Silwer
24.33
0.0%
Palladium
2,023.00
0.0%
Platinum
1,043.50
0.0%
Brent-ruolie
85.53
+1.1%
Top-40
60,525
+1.7%
Alle aandele
67,051
+1.5%
Hulpbronne 10
62,969
+2.5%
Industriële 25
86,659
+1.4%
Finansiële 15
13,849
+0.2%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Romanties, vriendelik, lojaal en eerlik, love my dogs big time :)
Ek is mal oor my twee dogters en ons kry baie onheil. Ek is op soek na 'n maat, 'n vennoot in misdaad, om Sondagoggende saam met my op n breakfast run te gaan en dan...
Intelligente Onafhanklike Christen
Getroue en eerlike dame wat hou van kuns, lees, oefen, musiek en dans. Geniet ook rustige aande by die huis. My geloof, kinders, familie en vriende is vir my baie belangrik.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot