AFGRI
BEAN
29 Sep
-
9347
7,00
CORN
29 Sep
-
4790
13,00
SOYA
29 Sep
-
9420
59,00
SUNS
29 Sep
-
10200
226,00
WEAT
29 Sep
-
7099,4
28,40
WMAZ
29 Sep
-
4885,4
3,40
YMAZ
29 Sep
-
4853,8
25,80
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
0,00
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
0,00
Beeste A2/3
16 Sep
-
60,68
-0,67
Beeste AB2/3
16 Sep
-
56,6
-0,92
Beeste B2/3
16 Sep
-
52,85
-1,51
Beeste C2/3
16 Sep
-
50,84
1,51
Bevrore Hoender
16 Sep
-
31,02
-0,01
Bokkies (onder 30 kg)
16 Sep
-
75,48
18,07
Bokooie
16 Sep
-
45,78
3,28
Groot (meer as 40 kg)
16 Sep
-
44,01
5,77
Hoender (IQF)
16 Sep
-
30,23
0,48
Medium (30-40kg)
16 Sep
-
53,08
10,03
Pork Average
16 Sep
-
27,22
-0,34
Poultry Average
16 Sep
-
31,03
-0,15
Skaap A2/3
16 Sep
-
95,57
2,81
Skaap AB2/3
16 Sep
-
86
2,91
Skaap B2/3
16 Sep
-
79,77
0,66
Skaap C2/3
16 Sep
-
75,06
0,47
Speenkalf
16 Sep
-
37,59
-0,66
Spekvarke
16 Sep
-
27,98
-0,75
Stoorlammers
16 Sep
-
43,3
0,38
Varkwors
16 Sep
-
22,4
-0,17
Vars Hoender
16 Sep
-
31,83
-0,92
Vleisvarke
16 Sep
-
27,17
-0,28

Nuwe kombinasie-entstof bekend gestel

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Clostrivax B (reg.nr. G4483, Wet 36 van 1947) is by Design Biologix se nuwe gebou in die Jakarandastad bekend gestel. Foto: Charl van Rooyen
Clostrivax B (reg.nr. G4483, Wet 36 van 1947) is by Design Biologix se nuwe gebou in die Jakarandastad bekend gestel. Foto: Charl van Rooyen
’n Nuwe entstof wat agt verskillende siektes by beeste doeltreffend voorkom is in Pretoria bekend gestel.

’n Nuwe entstof wat agt verskillende siektes by beeste doeltreffend voorkom, Clostrivax B, is deur die private entstofvervaardiger Design Biologix in Pretoria bekend gestel.

Dit is as ’n multi-komponententstof vir die aktiewe immunisering van beeste ontwikkel. Dit beskerm diere teen Clostridium perfringens tipe A (enterotoksemie), C. botulinum tipes C en D (lamsiekte), C. novyi tipe A (dikkop), C. novyi tipe B (aansteeklike nekrotiese hepatitis), C. chauvoei (sponssiekte), C. sordellii (skielike doodsindroom), C. septicum (kwaadaardige edeem) en Mannheimia haemolytica tipe A1 (bees-respiratoriese siekte).

Die bekendstelling van Clostrivax B (reg.nr. G4483, Wet 36 van 1947) is by Design Biologix se nuwe gebou in die Jakarandastad gehou. Die gebou sal binnekort voltooi word en Design Biologix in staat stel om sy produksie vanaf die huidige 40 miljoen dosisse entstof tot 400 miljoen dosisse per jaar te verhoog.

Me. Karen Nel, eienaar van Design Biologix, het gesê die gebou het 2 600 m2 skoon kamers waar entstowwe sonder die gevaar van besmetting vervaardig kan word. Tans word hierdie werk gedoen in ’n gebou wat by die Wetenskaplike en Nywerheidsnavorsingsraad gehuur word. Hulle gaan volgende jaar begin om die nuwe gebou te betrek.

Dr. Angela Buys, uitvoerende hoof, het gesê hulle het agt jaar gelede aan die nuwe kombinasie-entstof begin werk. Dit is uniek omdat dit beeste teen agt siektes beskerm. “Ons portefeulje gaan groei en ons hoop om eersdaags ook entstowwe teen ander ekonomies belangrike siektes te begin vervaardig. Ons het reeds aansoeke om registrasie vir nog entstowwe by die departement van landbou ingedien.”

Dr. Danie Odendaal, ’n veeartsenykundige raadgewer en eienaar van Veearts-netwerk by Lanseria in Gauteng, het gesê dieregesondheid in Suid-Afrika beleef ’n ongelooflike reeks krisisse. Dis waarom Onderstepoort meer as ’n eeu gelede ontstaan het. Daarna was daar groot vordering om oplossings te vind, “maar nou word dieregesondheid weer deur beperkende faktore beïnvloed. Dodelike siektes soos sponssiekte, dikkopsponssiekte, lamsiekte en miltsiekte kan ’n hele veekudde laat vrek. Vir al daardie dodelike siektes het ons nou een entstof, Clostrivax B van Design Biologix.”

entstof beeste
Tydens die bekendstelling van ’n nuwe kombinasie-entstof vir beeste van Design Biologix in Pretoria was, van links, me. Karen Nel, eienaar van die onderneming, dr. Angela Buys, uitvoerende hoof, en dr. Danie Odendaal van Veearts-netwerk. Foto: Charl van Rooyen

Druk op regering

Prof. Leon Prozesky van Path Diagnostics en voormalige hoogleraar aan die Universiteit van Pretoria se fakulteit veeartsenykunde, het gesê die landboubedryf moet druk op die staat plaas om entstowwe te registreer.

Odendaal het gesê dit is veeartse se rol om aan die staat uit te wys hoe groot die probleem is omdat OBP (Onderstepoort Biologiese Produkte) nie in staat is om sekere noodsaaklike entstowwe te vervaardig nie. Design Biologix het reeds lank gelede by die departement van landbou aansoek gedoen om entstowwe wat hulle ontwikkel het, te registreer sodat vervaardiging kan begin. “Ons het egter nie toegang tot ’n politieke oor nie. Ander belanghebbendes moet help.”

Nel het beaam dat veeartse druk moet toepas. “Ek kan dit nie doen nie. Ons wag vir goedkeuring en kan verder niks doen nie. Ons het byvoorbeeld gevra vir noodregistrasie van entstowwe teen slenkdalkoors en bloutong, maar dit is afgewys. Die nasionale dieregesondheidsforum het nou ’n brief aan die minister gestuur, blykbaar die eerste keer dat die minister direk genader word.”

Mnr. Gerhard Schutte, voorsitter van die nasionale dieregesondheidsforum, het gesê die landbousektor moet ook sterk op alternatiewe vir OBP se produkte konsentreer, wat die bekendstelling van Clostrivax B baie spesiaal maak. “Ons het nege streekforums wat ’n groot geraas maak om te wys hoe groot die probleem met die tekort aan entstof is. Die uitvoer van skape kan aansienlik groei, maar die skape in voerkrale moet teen sekere siektes ingeënt word, en dit is nie beskikbaar nie. Ons het nou gevra vir ’n dringende vergadering met die direkteur-generaal van die departement van landbou.”

Dr. Hinner Köster, uitvoerende hoof van Kaonne Beleggings, wat onder meer veevoer vervaardig, het gesê hul bedryf het dieselfde probleme gehad en twee tot drie jaar gewag om ’n formulering te registreer. Hulle het toe met die departement van landbou begin saamwerk om oplossings te kry. Nou stel die veevoerbedryf hulpbronne beskikbaar wat registrasie binne ses maande moontlik maak. “Dis miskien tyd dat die veeartsenybedryf dieselfde doen om die departement aan sy kant te kry.”

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.00
-0.9%
Rand - Pond
19.92
-2.5%
Rand - Euro
17.62
-1.4%
Rand - Aus dollar
11.68
-0.4%
Rand - Jen
0.12
-0.7%
Goud
1,660.09
+0.0%
Silwer
18.73
-0.9%
Palladium
2,212.53
+2.9%
Platinum
869.00
+0.3%
Brent-ruolie
89.32
+3.4%
Top-40
56,921
-0.9%
Alle aandele
63,264
-0.9%
Hulpbronne 10
59,793
+3.3%
Industriële 25
76,769
-2.2%
Finansiële 15
13,707
-2.8%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Lus vir die lewe saam met sielsgenoot
Christen, Eerlik, opreg, liefdevol, omgee, rolbal ,stap, reis, baie goeie humorsin, intelligent, sing en fluit graag , koorsanger en solo, uiteet, dans. Grapjas
"Kom ons skryf ons eie roman."
Ek is n baie positiewe mens met n hart van goud. Ek het n passie vir mense en hou daarvan om nuwe mense te ontmoet. Ek staan uit vir wat ek in glo. Ek geniet die buitelig lewe ....
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot