AFGRI
BEAN
02 Des
-
7400,4
-2,60
CORN
02 Des
-
3643,4
17,40
SOYA
02 Des
-
7390
107,00
SUNS
02 Des
-
10640
84,00
WEAT
02 Des
-
6100
95,00
WMAZ
02 Des
-
3381,4
29,40
YMAZ
02 Des
-
3643,4
38,40
AMT
Beeste A2/3
19 Nov
-
53,63
-0,61
Beeste AB2/3
19 Nov
-
52,36
-0,27
Beeste B2/3
19 Nov
-
49,93
-0,39
Beeste C2/3
19 Nov
-
45,77
-1,34
Bevrore Hoender
19 Nov
-
28,97
0,09
Bokkies (onder 30 kg)
19 Nov
-
67,06
4,88
Bokooie
19 Nov
-
45,82
0,53
Groot (meer as 40 kg)
19 Nov
-
41,22
-4,20
Hoender (IQF)
19 Nov
-
26,15
-1,27
Medium (30-40kg)
19 Nov
-
53,18
-4,22
Pork Average
19 Nov
-
28,19
-0,22
Poultry Average
19 Nov
-
28,45
-0,37
Skaap A2/3
19 Nov
-
84,77
-0,53
Skaap AB2/3
19 Nov
-
75,76
-0,93
Skaap B2/3
19 Nov
-
71,89
-0,34
Skaap C2/3
19 Nov
-
70,02
0,06
Speenkalf
19 Nov
-
41,47
0,33
Spekvarke
19 Nov
-
29,28
-0,13
Stoorlammers
19 Nov
-
45,93
1,54
Varkwors
19 Nov
-
23,47
-0,03
Vars Hoender
19 Nov
-
30,25
0,07
Vleisvarke
19 Nov
-
28,07
-0,37
Wol (skoon)
19 Nov
-
170,08
-5,21

Nuwe superboerdery: As twee volstruisreuse saamsmelt . . .

akkreditasie
Die volstruise is op twaalf tot dertien maande gereed om geslag te word. Langkloof-plase neem hulle na abattoirs op Oudtshoorn, Mosselbaai, Graaff-Reinet en De Aar wat deur Cape Karoo 
International bedryf word. ’n Slagvoël weeg sowat 100 kg en slag 48-50% uit.
Die volstruise is op twaalf tot dertien maande gereed om geslag te word. Langkloof-plase neem hulle na abattoirs op Oudtshoorn, Mosselbaai, Graaff-Reinet en De Aar wat deur Cape Karoo International bedryf word. ’n Slagvoël weeg sowat 100 kg en slag 48-50% uit.
’n Nuwe superboerdery met tienduisende produksiediere in die Langkloof loop ná die samevoeging van die grootste deel van twee megaboere se bedrywighede klopdisselboom en word steeds uitgebrei ter wille van die voordele van die skaalekonomie.

Op hul eie is mnre. Saag Jonker en Piet Schoeman reeds gerekende boere en leiers in veral die volstruisbedryf. Sedert hulle hul boerderye in een, groot superboerdery, Langkloof-plase, saamge- voeg het, boer hulle op ’n skaal in die Langkloofvallei wat die monde laat oophang.

Met produksiediere wat saam by die tienduisende tel, span hulle topklasbestuur, deeglike beplanning en net die beste boerderyvernuf in. Die boerdery besit 9 000 broeivolstruise, 6 000 Merino’s, 4 000 Angorabokke en 2 000 Dorper-ooie. Die grootvee bestaan uit ’n kernkudde van 200 Bonsmara-tipe koeie.

Hierdie getal diere neem nie eens die 130 000 volstruiskuikens in ag wat jaarliks geproduseer en 15 000 volstruise wat geslag word nie, asook die wisseling van seisoen tot seisoen wanneer die getalle styg sodra die aarde met milde reën geseën word en daar dan tot 2 000 beeste op die plase wei.

Volstruise sorg uiteraard vir die grootste omset, maar die groot- en kleinvee dra ook ’n belangrike deel tot die boerdery-inkomste by. Dit versprei die risiko’s, tesame met bydraes vanuit die gastebedryf en produksie van vrugte en groentesaad. Dit gaan nie net oor grootte, skaalekonomie en die aanpak van nuwe projekte en moontlikhede nie . . .

“Ja, dit is ’n eerstefaseproeflopie om later ook ander dele van die twee families se besighede saam te voeg, maar dit gaan ook oor die gedeeltelike oorhandiging van een generasie na die volgende,” sê Jonker se seun Hein.

Die uiteindelike beplanning is dat Hein en Schoeman die nuwe besigheid bestuur, ’n model waarin albei se sterk punte in goeie sinergie gekombineer kan word. Schoeman se boerderykennis en entrepreneurskap, gekombineer met Hein Jonker se sake- en administratiewe bestuur, vorm ’n ideale grondslag. Dit het hulle ook in staat gestel om die beste bestuurspan op te bou om die grootste volstruisboerdery in Suid- Afrika te vestig.

Mnr. Uys Tomlinson met ’n hand vol volstruisvere. Vere maak tans die helfte van die waarde van ’n volstruis uit, die vel 35% en vleis net 15%. Die inkomste uit vleis is tans laag omdat vars vleis nie uitgevoer kan word nie weens die regering se getalm om aan uitvoerregulasies te voldoen. Al uitvoer wat mag plaasvind, is snitte wat tot 70 °C verhit en vakuumverpak is. Foto’s: Charl van Rooyen

Boer van die Jaar

Saag is ’n voormalige SA Boer van die Jaar en in beheer van die Saag Jonker-groep se bedrywighede wat hoofsaaklik op Oudtshoorn gesetel is. Dit behels grootliks die bemarking van volstruisleer en -vere en sluit ’n volstruis- en beesboerdery in. As 78-jarige veteraan wat reeds in 1958 as ’n vere-agent en -afslaer by die destydse Klein Karoo Koöperasie aangestel is, is hy vandag waarskynlik die oudste volstruisveerkenner in die volstruisbedryf.

Schoeman het die afgelope twee dekades tot een van die voorste volstruisboere in Suid-Afrika gegroei, met eiendomme wat strek van Schoemanshoek noord van Oudtshoorn, Calitzdorp in die weste en De Rust in die ooste. Die twee families doen reeds ’n kwarteeu lank sake met mekaar.

In 2018 het hulle besluit om danksy hul diepgesetelde sake- en vertroue-etiek die meeste van hul onderskeie belange in Langkloof-plase saam te voeg en só ’n bykomende, onafhanklike maatskappy te vorm. Elke groep het ook steeds afsonderlike boerdery- en sakebelange. Schoeman, Saag en Saag se seuns, Hein en Morné, is die direkteure, met Schoeman en Hein die uitvoerende hoofde. Mnr. Uys Tomlinson is die hoofbestuurder.

Sowat 60-70% van die boerdery se omset behels die bemarking van slagvolstruise, dagoudkuikens, leer, vleis en vere. Gelooide, gekleurde leer word na Mexiko, Amerika, Europa en China uitgevoer. Al die eiers is vir die uitbroei van kuikens wat dan deur kontrakteurs grootgemaak word , terwyl hulle ook kuikens verkoop. Die slagvolstruise word verkoop aan Cape Karoo International, wat al die produkte uitvoer. Langkloof-plase tesame met Jonker en Schoeman se eie produksie is die grootste verskaffers.

Ná die samevoeging van hul boerderye het Langkloof-plase nóg plase van altesaam 4 000 ha gekoop, wat ’n gevestigde appel-en- peerplaas, groentesaadboerdery en ’n gastehuis en plaasvakansie-onderneming insluit. Die plase beslaan nou saam 21 000 ha.

Al dertien plase in die boerdery grens aan mekaar. Vyf plase is tussen George en Union- dale in die Bo-Langkloof teenaan die Outeniquaberge. Agt plase is meer noord, tussen Oudtshoorn en Uniondale en nader aan die Kammanassieberge.

Volstruiseiers in ’n nes, met broeivoëls agter. Al die eiers wat gelê word, gaan na die broeistasies om uitgebroei te word.

Goeie volstruiswêreld

Hein sê die Langkloof is veral goeie volstruiswêreld. Hy is sedert 1994 by die Saag Jonker-groep betrokke, aanvanklik met administrasie en mettertyd méér met die volstruisboerdery self. Langkloof-plase se hoofafdeling is volstruise en het gewoonlik 9 000 broeivoëls. Jaarliks word 2 000 jong voëls met beter genetiese eienskappe geselekteer om sowat 2 000 ou wy- fies en mannetjies te vervang. Die ou volstruise word geslag.

Die broeitroppe word in ekstensiewe toestande in kampe van 40-300 ha gehou waar hulle ’n rantsoen kry en bossies vreet. Die eiers word elke dag uitgehaal. Die seleksie van broeivoëls is op grond van bouvorm, vere, houding en kondisie. Wyfies moenie te vet wees nie, maar ook nie uitgeteer nie.

Die vere moet van ’n hoë gehalte wees en lengte, breedte en volume hê. Spanne werkers word deurlopend opgelei en oes die vere ongeveer elke sewe tot agt maande. Dit word dan aan vereverwerkers verkoop. Die boerdery verkoop ook kuikens aan ander boere en koop self jong broeivoëls van boere wat met goeie, vrugbare volstruise met mooi vere boer.

Deeglike beplanning

Schoeman doen vooruitbeplanning saam met Hein. Hy het reeds op skool ’n winkeltjie op hul plaas by Schoemanshoek naby Oudthoorn gehad, dit later uitgebrei en ook ’n slaghuis bedryf. Sy bande met Saag strek 25 jaar terug toe hy begin het om volstruise teen kommissie vir Saag aan te koop.

Twintig jaar gelede het Schoeman sy eerste plaas naby Oudtshoorn gekoop en met volstruise begin boer. Benewens sy aandeel in Langkloof-plase het hy steeds sy eie boerdery met 2 000 ha lusern, groentesaad, tabak, mielies en ander gewasse onder besproeiing by Oudtshoorn, Calitzdorp, De Rust en Beaufort-Wes, meestal vir voer en verkope.

Hy sê Langkloof-plase het drie broeistasies met plek vir altesaam 10 000 eiers per week. Sowat 6 000 tot 7 000 kuikens word weekliks uitgebroei omdat nie alle eiers vrugbaar is nie. Die eiers het 42 dae nodig om uit te broei. In die 2019-broeiseisoen wat oor ses tot sewe maande gestrek het, is 133 000 kuikens uitgebroei, wat 60-65% van Suid-Afrika se produksie uitgemaak het.

Sowat 40% van die dagoudkuikens word aan ander boere verkoop. Die res word na kontrakteurs geneem om hulle tot op slagouderdom groot te maak. Die kontrakboere word van ’n grootmaakprogram voorsien en deurentyd raad gegee oor biosekerheid, siektebekamping en rekordhouding ingevolge die riglyne van die Europese Unie, waarheen vleissnitte uitgevoer word.

Langkloof-plase verkies om kontrakboere te gebruik om die voëls groot te maak omdat dit ’n intensiewe proses is wat voortdurende aandag, feitlik dag en nag, verg.

Mnr. Saag Jonker
Mnr. Piet Schoeman
Mnr. Hein Jonker
Mnr. Morné Jonker

Vergroot ander fasette

Hein sê hulle beoog om die ander boerderyfasette stelselmatig uit te brei sodat dit die helfte van die boerdery se inkomste uitmaak. Hoewel die streek baie voordelig vir volstruisboerdery is, het dit ook goeie veld vir skaap-, Angora- en beesboerdery, asook grond wat vir veral appel- en peerproduksie geskik is. Hulle wil die verskillende dele dus algaande meer optimaal benut.

Die kleinveeboerdery is die tweede grootste boerderyfaset. Dit bestaan uit sowat 6 000 Merino’s in die Langkloofvallei en 4 000 Angoras en 2 000 Dorpers in die noordelike gebied nader aan die Kammanassieberge, waar dit droër is. Die Merino-boerdery is vir vleis- en wol- produksie op aangeplante lusern, hawer, koring, korog, sorghum, grasse en ander weiding, wat tans uitgebrei word. Die Dorpers word vir slaglamproduksie en die Angoras vir vesel aangehou.

Die boerdery verkoop jaarliks 35 ton wol, 15 ton bokhaar, 10 000 slaglammers, 300 kalwers en beeste in die huidige droë tye (normaalweg is dit tot 1 000), asook 2 000 ou bokke. Daar is ’n eie skaapvoerkraal waar slaglammers gevoer word totdat dit aan abattoirs verkoop kan word.

Die boerdery het 4 000 Angorabokke en beoog om die getal tot 10 000 uit te brei.

Leiersrol in streek

Tomlinson bestempel dit as die grootste boerdery in die streek wat ook ’n leiersrol in die gemeenskap speel. Sowat 200 mense is heeltyds in diens. “Ons uitbreidings geskied met ’n optimistiese gesindheid om die boerdery verder te diversifiseer met behulp van ’n jong span doelgerigte mense.”

Sy belangrikste rol is as koördineerder wat moet sorg dat alles seepglad verloop. Hy is ook die skakel tussen die bestuurspan en die eienaars. Elke bestuurder het ’n afdeling.

Tomlinson het op Oudtshoorn in die volstruisbedryf grootgeword en dié bedryf geleer by sy oupa, mnr. Ger Ungerer, ’n volstruisboer van die Kammanassie. Later het Tomlinson grond gehuur en self met volstruise geboer. In 2017 is hy as senior plaasbestuurder in die Saag Jonker-groep in die Langkloofvallei aangestel.

Brei vrugte uit

Die Langkloof is bekend om sy hoëgehalte-vrugte. Daarom is ’n plaas bygekoop waar appels en pere geproduseer word, asook wortel- en lente-uiesaad. Die omgewing is goed van plantsiektes afgesonder. “Ons wil meer aandag aan besproeiing gee om die hoëwaardeboerdery te vergroot. Die vrugtebome is onder mikrobesproeiing, maar ons wil die nuutste tegnologie vir drupbesproeiing in nuwe aanplantings gebruik,” sê Tomlinson.

Die boerdery het kundiges gekry om die vrugte-eenheid verder te ontwikkel. Die nuwe plaas het ook ’n pakhuis. “Ons beoog om die bemarking saam met groot ondernemings in die vrugtebedryf aan te pak.”

Daar is tans sowat 50 ha appels (60% van die boorde) en pere in produksie en daar word beoog om dit aanvanklik tot 150 ha uit te brei. Die pakgeriewe is nog voldoende, maar die boerdery sal ander boere se geriewe moet benut namate nuwe aanplantings in produksie kom. Van die vrugte word uitgevoer en die res gaan na varsproduktemarke.

Water uit berg

Die uie en geelwortels is onder drupbesproeiing en saad word onder kontrak vir Sakata en JW Saad verbou. Die vrugte, groente en sommige lande met aangeplante weiding word met water uit die Outeniquaberge besproei.

Die plase grens oor ’n afstand van 23 km aan die berg en water word met gravitasie deur drie pypleidings vanuit die bergstrome na plaasdamme gelei. Dan het die boerdery feitlik deurlopend water.

Nuwe aanplantings word hoër op in die berg beoog waar die grond dieper en nader aan die bergstrome is. Bykomende pypleidings gaan aangebring word om nóg landerye uit die damme te besproei. Daarvoor word grootliks elektriese pompe gebruik, terwyl sommige pypleidings die water met gravitasie gelei.

Volgens Tomlinson verbeter albei die nuwe bedrywe die kontantvloei en versprei die boerderyrisiko’s.

Die skaapboerdery met hoofsaaklik Merino’s is die afgelope ruk tot 8 000 ooie uitgebrei.

Brei saaiery uit

Die boerdery het 4 000 ha hoëwaarde-saaigrond waarop hoofsaaklik droëlandlusern verbou word, maar hulle wil 200-300 ha besproei. Die meeste water word egter vir groente en vrugte aangewend, wat ’n hoër waarde het. Die boerdery het ook 12 000 ha droëlande met lusern, hawer, koring, korog, sorghum, grasse en ander gewasse vir die volstruise, beeste en skape.

Die veld is in bergagtige dele wat deur beeste benut word. Eers loop die volstruise daarop om die blare te benut. Dan volg die beeste wat die weiding korter afvreet, en laastens wei die skape.

Die kernbeeskudde van 200 Bonsmara-tipe koeie gaan tot 450 koeie vergroot word, sê Tomlinson. Die beesgetalle word in die reënseisoen verhoog, wanneer daar soms tot 2 000 beeste op die plase is.

Danksy die goeie wolpryse wat die omvangryke boerdery se risiko’s versprei, is Merino’s die afgelope tyd van 2 500 ooie tot sowat 6 000 ooie uitgebrei. Met die groter vraag na vesel gaan die Angora-kudde van die huidige 4 000 ooie tot 10 000 ooie vergroot word. Langkloof-plase het ’n volwaardige bou-afdeling wat huise en ander geboue in stand hou, en die werkershuise op die nuwe plase word tans verbeter.

HOOPVOL OOR DIE landbou

Tomlinson is optimisties oor die landbou se toekoms. “Daar is probleme met grondbesit weens politiek, maar ons is optimisties en het die regte mense in die boerdery wat ook optimisties is.

"Ons moet hoopvol bly en kan nie met mense werk wat oor die toekoms twyfel nie. Ons beplan deeglik om aan die voorpunt te bly en vergader weekliks met die bestuurspan, wat saam met die topbestuur sowat vyftien mense uitmaak. Só hou ons aan om vorentoe te kyk.”

Aangeplante weiding is ’n belangrike deel van die boerdery, wat uit derduisende volstruise, skape, bokke en beeste bestaan, want al die diere moet kos kry.

Gasteplaas vir toerisme

Mnr. Morné Jonker, die oudste van mnr. Saag Jonker se vier seuns, is in beheer van die Louvain-gasteplaas by Herold tussen George en Uniondale. Dit vorm nog ’n klein deel van die omvangryke boerdery; ’n nederige begin, soos hy dit stel.

Die gastehuis bestaan reeds twintig jaar en is onlangs saam met die aankoop van die plaas Louvain aan die voet van die bekoorlike Outeniquaberg bekom. Daarmee is die toerismebedryf met groot opgewondenheid betree danksy die potensiaal van dié bedryf in die pragtige Langkloof.

Die gastehuis bied ’n keuse van ses selfsorg-gastewonings met gesamentlik meer as tagtig beddens. Troues en ander byeenkomste met plek vir 350 mense word ook aangebied. In die berg is daar ’n kampeerterrein langs ’n bergstroom.

Daar is ook ander toeriste-aantreklikhede, soos die 170 jaar oue Anglikaanse kerk wat deur biskop Robert Gray, die eerste biskop van Kaapstad, gebou is. ’n Ou ossewaroete wat gedurende die laat 1700’s oor die Outeniquaberg gebou is om die Langkloof met die kusgebied te verbind, word deesdae deur mense met viertrekvoertuie aangedurf.

Die fietsrygogga het ook na die Langkloof versprei en Louvain het fietsryroetes wat vakansiegangers kan benut. Die plaas speel ook gasheer vir fietstoere, waaronder die Cape Pioneer Trek wat elke September deur Dryland Event Management gehou word. Sowat 500 fietsryers neem aan die week lange toer deel. Mense kan ook die boerdery gadeslaan.

Morné sê die gasteplaas is in twee wêreldbekende natuurbiosfere geleë: die Kaaplandse fynbos- en Klein-Karoo-sukkulentebiosfeer. In die berge is daar dosyne grotte met Boesmantekeninge. Louvain bied begeleide toere en praatjies daaroor aan.

Langafstand-skietbyeenkomste is nog iets wat besoekers lok. Honderde plaaslike en buitelandse skuts lê op die skietbaan aan waar hulle tot 2 km ver na teikens kan mik.

Morné sê hulle wil die geriewe bekostigbaar hou omdat die meeste besoekers Suid-Afrikaners is. Daarom beperk hulle die verblyfkoste vir die selfsorgeenhede van R300 tot R500 per gas per nag. Kampeerders betaal R100 elk. Etes word met voorafbespreking vir groepe van meer as 12 verskaf.

Sy regterhande is mev. Alida Serfontein wat die besprekings behartig, mnr. Michael Wood wat die gastehuisterrein en 4x4- en fietsryroetes bestuur, en mev. Karin Tomlinson wat in beheer van die onthaalsentrum en gasvrou vir die troues is. 

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
15.95
+0.7%
Rand - Pond
21.22
+0.4%
Rand - Euro
18.02
+0.8%
Rand - Aus dollar
11.31
+0.8%
Rand - Jen
0.14
+0.9%
Goud
1,767.33
-0.8%
Silwer
22.39
+0.3%
Palladium
1,780.47
+2.0%
Platinum
941.12
+0.6%
Brent-ruolie
68.87
-0.5%
Top-40
64,555
-0.4%
Alle aandele
71,021
-0.3%
Hulpbronne 10
67,557
-0.5%
Industriële 25
93,673
-0.4%
Finansiële 15
13,890
+0.1%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Happy go lucky
Sense humour witty funny just enjoy being me enjoy each and every day to best I can and take it ad it comes
Time waits for no one
Ek is n lewendige besige vrou wat graag iemand wil ontmoet wat nog hou van mense diere dinge. Wat graag dans. kamp. tuinmaak kuier.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot