
Mnr. Jannie de Bruin van Hartswater sê volgens sy inligting is dit die eerste miniatuur-muiltjie waarvan hy weet. Die ouers is ook nie juis langerate nie, want die pa is ’n donkie-hings van net 1 m en die ma is ’n miniatuur-perdjie wat 900 cm in haar hoewe staan.
Mnr. De Bruin sê boere van die omgewing wat daar kom, meen ook hulle het nog nooit ’n miniatuur-muil teëgekom nie. Dalk is die kêrel dus net so ’n wonderlike ding soos die donkie!
Sy eienaar sê hy het nog nie ’n lekker naam vir die muiltjie nie. Het ons lesers enige voorstelle?