Die vraag na lewende bokke in Suid-Afrika beloop 1,7 miljoen en oortref die aanbod verreweg. Op die jaarlikse LRF-Veeskool het die Kurumanse boer mnr. Albie Horn gesê meer bokke moet vir die kleinhandel geteel word. “Aangesien Afrika tans net 20% van die bokvleis lewer wat op die wêreldmark verkoop word, is daar uitbreidingsgeleenthede.”
Horn boer met SA Boerbokke, Kalahari Reds en Blackberrys – onderskeidelik die gewone wit-en-rooi, rooi en swart Boerbokke.
Hy het die swart bokke eiehandig geteel en was saam met ander pioniers medeverantwoordelik vir die ontwikkeling van die Kalahari Red.