Hooi, staande hooi en kuilvoer was nog altyd deel van menige veeboer in die somersaaigebiede se oorwinteringstrategie. Dit kos ewe veel om hooi en kuilvoer van goeie gehalte as van swak gehalte te maak.
Waarom dan nie na goeie gehalte streef nie? Suksesvolle oorwintering is juis gerig op daardie diere met hoë voedingsbehoeftes in ’n tyd wanneer die natuurlike weiding gewoonlik nie in hul behoeftes kan voorsien nie.
Daarom behoort die klem op goeie gehalte en voedingswaarde te wees. Soms val die klem op hoeveelheid (kwantiteit) ten koste van gehalte en voedingswaarde.