AFGRI
BEAN
06 Okt
-
8935
-92,00
CORN
06 Okt
-
4823,2
28,20
SOYA
06 Okt
-
9535
270,00
SUNS
06 Okt
-
9720
235,00
WEAT
06 Okt
-
7210
18,00
WMAZ
06 Okt
-
4971
100,00
YMAZ
06 Okt
-
4850
81,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Oos-Kaapse Jongboer: ’n Wakker kop vir somme

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
MNR. Duncan Currie glo daar is baie geleenthede vir boere in die landboubedryf, ondanks die talle probleme. Foto’s: Fredalette Uys, tensy anders vermeld
MNR. Duncan Currie glo daar is baie geleenthede vir boere in die landboubedryf, ondanks die talle probleme. Foto’s: Fredalette Uys, tensy anders vermeld
Tegnologie, die regte somme en innovering by reeds bestaande praktyke stel vanjaar se Oos-Kaapse Jongboer van die Jaar in staat om sy boerdery uit te brei.

As vyfdegeslagboer op ’n gevestigde veeplaas verg dit verfyning binne vertakkings om die boerdery in ’n beter toestand vir sy opvolger te laat, sê mnr. Duncan Currie van die plaas Lindisfarne naby Cathcart in die Oos-Kaap.

“Dit was nie nodig om die wiel te herontwerp nie. Ek kon die grondslag gebruik en nuwe tegnologie en metodes inbring om die boerdery vorentoe te laat gaan, iets wat dikwels ’n kwessie by baie boerderye is.”

Danksy tegnologie kon hy met minder bewerking die drakrag op weidings verbeter, wat uiteindelik ook koste verminder. In dié gemengde boerdery, wat hoofsaaklik om die veevertakkings wentel, word meestal Merinoskape vir wol- en vleisproduksie aangehou, maar daar is ook ’n Dormerstoetery vir kruisteling en die speenlammark.

Hy bestuur ook ’n drierigtingkruisteelprogram tussen Herefords, Angusse en Shorthorns om speenkalwers aan die mark te lewer. Sy passie is egter skape, veral sy Lindisfarne-Dormerstoetery, wat hy ná sy aankoms op die plaas 12 jaar gelede geregistreer het.

Die plaas het van die oudste Dorsetbloedlyne in Suid-Afrika. Currie wou aanvanklik die Dorsetkudde uitbrei, maar kon nêrens ramme kry nie. Hy het toe besluit om sy kudde na ’n Dormerstoetery oor te skakel deur nuwe bloedlyne in te bring om sy Dorsets na Dormers op te gradeer.

Ramme uit die stoetery word in Februarie op sy produksieveiling verkoop en hy hou ook teelramme vir homself. Currie is lid van die Winston-skaapgroep, Winston Woolies, wat deur van sy bure, die Millers van die Winstonboerdery, bestuur word.

Die groep bestaan uit nege lede, met elke lid wat ’n Merinokudde binne die stoetery het. Die groep teel onder meer veldramme vir sy lede, met elke lid se skaapkudde wat ’n invloed het op die ramme wat vir hom geteel word.

Currie stuur elke jaar 12 ooie na sy kudde en kry dan weer ramme terug, asook die geleentheid om van die ander lede se ramme te koop. “Die nege lede dink dieselfde, en ons beweeg in die regte rigting.

Dit is lekker om deel van die proses te wees.” Die ramme se pryse word volgens ’n formule uitgewerk wat die huidige wol- en vleispryse in ag neem. Geen veiling word tussen die lede gehou nie. Die Millers hou daarna hul eie ramveiling in Februarie.

Die voerkraal stel Currie in staat om nóg meer waarde tot sy skaapboerdery toe te voeg. Sowat 500 lammers word op ’n keer in die voerkraal gehou. Foto: Verskaf
Die Merino-ooie moet self hul lammers in ekstensiewe toestande kan grootmaak.

Waardetoevoeging werk

Al vyf geslagte op Lindisfarne het skape geteel. Een van Currie se vernuwings is die oprig van ’n voerkraal om waarde toe te voeg.

Enige lammers uit die Dormerstoetery wat nie teruggehou word nie, of kruislammers uit sy tweede en derde Merinokudde, word in die voerkraal afgerond vir die slagmark. Met die speenlammers van die veld af, is daar meer plek om teeldiere aan te hou om lammers te produseer.

Lammers word van die veld af op vier maande op sowat 25 kg gespeen, na gelang van die seisoen. Hulle word tot ’n gewig van 45 kg in die voerkraal gevoer, waarna hulle na ’n slagplaas in Oos-Londen gestuur word.

“My pa het my geleer wanneer iemand stoorlammers by jou koop, maak hy geld uit jou uit. Nou sit ek daardie ekstra geld in my sak.” Currie het aanvanklik sy eie voer gemeng, maar vinnig besef dit is nie goedkoper nie, aangesien ’n aangekoopte rantsoen uitgewerk en gebalanseer is.

Boonop kan die werkers wat die voer moes meng, elders in die boerdery aangewend word. Sy eie proewe met voerkorrels het getoon dat die verskillende skaaprasse verskillend presteer op verskillende korrels.

Die kruislammers en Dormers kry Megafeeds se F2-skaapafrondkorrels (reg.nr. V24799160, Wet 36 van 1947) en die Merino’s kry Epol se Elite Lamb Grower-korrels (reg.nr. V31079). Lammers word volgens gewig in kampies geplaas sodat hulle volgens hul voedingsbehoeftes gevoer word.

Danksy dié groepering is dit makliker om probleme raak te sien as ’n lam dalk minder of meer as normaal vreet. Alle ooie kry slegs een kans in die Merinostoetkudde en word deur Currie se BKB-adviseur, mnr. Gary Trethewey, gekeur.

Dié wat uitval, gaan na sy B-kudde, en Dormerramme word by dié ooie gesit, met al die lammers wat voerkraal toe gaan. Rasegte Merino-ooie wat nie tydens die eerste dekking dragtig raak nie, gaan na Currie se C-kudde, wat ook met Dormerramme vir voerkraallammers gepaar word.

Aangesien die Merino-ooie steeds gepaar word, kry hy steeds ’n wolinkomste én die bykomende voordeel van ’n kruislam wat voerkraal toe gaan.

BO en regs: Currie behartig self die klassering van die wol in sy skeer­skuur. “Elke trop loop op ’n ander plek en word anders gevoer, en ek kan sien wat die uitwerking daarvan op die wol is.” Foto’s: Verskaf
Die Merino-ooie sorg vir wol- en vleisproduksie. Die ooie lam in die veld en benut dan die hergroei ná die begin van die reënseisoen.

Oorredingsmag van syfers

Belangrike maatstawwe vir sy slaglammers is uitslagpersentasie en voeromsetting, pleks van om na die pryse van vleis te kyk. “Jy kan dalk R2/kg meer vir jou vleis kry, maar as my uitslagsyfer 2% meer is, kry ek teen die huidige R90/kg vir lamsvleis ongeveer R40 meer.”

Sy uitslagsyfer by die Dormers is tans 49%, by kruislammers is dit 47% en by Merino’s 45%. Die Merino’s se wol vergoed egter vir die laer speenpersentasie en tyd wat dit die diere kos om vet te raak. Hy kry boonop goeie wolpryse vir die kruislammers wat hy op vier maande skeer.

Die Merinolammers wat voerkraal toe gaan, word op die veld gehou tot hulle ses maande se wol het, waarna hulle geskeer en na die voerkraal gestuur word.

Dit is daarom ook belangrik om eerder te weet wat die voeromsetting van die aangekoopte voerkorrels is as om te kyk hoe goedkoop korrels aangekoop word. Sy voeromsetting by die Dormers is 4,2:1, by die Merino’s 5:1 en by die Merino-Dormer-kruisings 4,6:1.

Danksy Currie se voorliefde vir syfers word alle moontlike data oor sy voerkraal en skaapkuddes in Excel-sigblaaie ingevoer om die nodige berekeninge te doen en inligting dadelik beskikbaar te stel.

Hy samel reeds sedert 2012 syfers oor uitslagpersentasies in, asook oor watter voer diere in dié tyd gekry het en waarvoor hy gepenaliseer is. “Die inligting is ’n goeie grondslag as ek my saak moet stel as ek verkoopsmense sien, en dit help om goeie pryse te beding.”

Hy gebruik die Australiese toepassing Agriweb om die bestuur van sy skaap- en beesboerdery te vergemaklik, en Bengufarm vir sy stoetdiere.

Currie teel dubbeldoel-Merino’s met die klem op wol, maar ’n ooi moet steeds ’ngoeie bouvorm hê en ’n goeie lam speen.
Danksy hoenders in die voerkrale is sy vlieglading aansienlik minder.

Optimale weiding

Currie bewerk ’n kombinasie van weidings onder droëland- en besproeiingstoestande. Minimumbewerkingsmetodes word op die droëlandweidings toegepas. Waar hy voorheen vyf bewerkings gedoen het, het hy dit heelwat verminder.

Hy gebruik nou net twee werktuie. Dit is ’n tandwerktuig waarmee hy tandbewerking en rolstaafbewerking uitvoer, en ’n 14-ry- Piketplanter waarmee slegs twee bewerkings nodig is.

Op besproeiingslande word geen bewerking gedoen nie en net die Piketplanter gebruik, en op droëland word minimum bewerking gedoen. Currie glo die grond en saadbedding onder besproeiing is ideaal vir plant.

Onder droëlandtoestande moet die grond eers losgemaak word vir optimale saadontkieming. Multispesieweiding met raaigras en sigorei word vir die melkbeeste aangeplant.

Op die permanente skaapweidings word ’n mengsel van swenkgras, lusern en sigorei aangeplant. Op droëland word tef of gewasse wat gebaal kan word, geplant, en in die winter word groenvoer, soos hawer en gars, geplant.

Die Dormerstoetooie lam op die besproeiingsweiding. Daar word tans net 75 melkbeeste gemelk, maar danksy dié vertakking kan Currie die weidings beter benut. Die kleiner getal beeste maak steeds finansieel sin omdat baie van die werktuie en werkers met die ander vertakkings gedeel word.

Veldaangepas

Die Merinokudde maak 90% van Currie se skaapvertakking uit. Lamtyd is in November in ekstensiewe toestande om die hergroei ná die begin van die reënseisoen te benut. Hoewel al sy ooie slegs een maal per jaar lam, geskied dit op verskillende tye van die jaar, wat die risiko versprei.

Dieselfde weidings word in Mei én Augustus met die tweede en derde kudde bewei om die weidings optimaal te benut. Die Dormers lam meer intensief in klein kampies. Lamhokkies is beskikbaar as koue weer voorspel word, aangesien die tweelingsyfer hoog is.

Hulle lam ook op die permanente weidings en gaan ná speen veld toe. Al Currie se Merino-teelmateriaal kom van Winston Woolies. Sy Dormers word by bedryfsleiers reg oor Suid-Afrika aangekoop.

Merino-oie moet ’n goeie lam op die veld kan hê sonder dat bykomende koste aangegaan moet word, en lammers moet so natuurlik moontlik in ekstensiewe toestande grootgemaak word. Currie teel dubbeldoel-Merino’s met die klem op wol, maar ’n ooi moet steeds ’n goeie bouvorm hê en ’n goeie lam speen.

Hy skeer tans gemiddeld 4 kg/wol per skaap van 19,2 mikron. “Hierdie ooie is die fabriek van my plaas.” Om ’n goeie speensyfer van 83% in ekstensiewe toestande te behaal, word werkers aansporingsbonusse betaal, met twee werkers wat permanent aan diens by die lammers is.

Diere word ook op deurslaggewende tye gevoer. Ooie kry prikkelvoeding voor dektyd en oorwintervoer voor lamtyd, asook deurvloeiproteïen vir melkproduksie. Lammers kry kruipvoer.

Die beeste word net so gevoer, maar minder intensief. Beeste kry ’n onderhoudslek in die winter en met kalftyd, asook ’n goeie energielek vir melkproduksie. Die skape is vroeër in groepe van sowat 100 ooie per kamp verdeel en het in verskillende kampe gelam sonder om geskuif te word.

“Ek het toe besef dat as jy die skape van ’n perd se rug af tel, en jy tussen ’n klomp kampe rondry, sal dit jou gek maak, veral as jy dit daagliks in die lamseisoen moet doen.” Sy ooie word nou in groter groepe verdeel. Hulle word in twee kampe aangehou, met ’n klein kampie in die middel.

Die groep dragtige ooie wei dan bedags in een kamp en word saans in die kleiner kampie ingejaag. Wanneer ooie gelam het, word hulle na die derde kamp geskuif.

Sodra die ooie in die oorspronklike kampe wat nog nie gelam het nie, minder raak, word die groepe saamgevoeg sodat minder kampe nagegaan hoef te word.

Danksy dié stelsel het Currie baie meer tweelinge getel wat nie geskandeer is nie. Dit is ook makliker om na te gaan hoeveel lammers daagliks gebore word.

Hy meet sy speenpersentasie teenoor die aantal ooie wat gedek is, aangesien dit die beste inligting vir toekomstige sakebesluite gee. “As ek in die toekoms sal oorweeg om ’n plaas te koop, is dit die soort somme wat ek wil gebruik.”

Currie lewer speenkalwers uit sy speenkalfvertakking aan ’n voerkraal in Oos-Londen. Die beeste word ook op strategiese tye gevoer, hoewel nie so intensief soos die skape nie.
Kruipvoeding vir die lammers is deel van Currie se strategiese voerplan binne sy veeboerdery.

Breë blootstelling

Currie moes vir sy studie aan Saasveld, waar dié Engelse boer ook vlot Afrikaans leer praat het, ’n praktiese jaar doen. Hy het op ’n sagtevrugteplaas in Cambridge, Engeland, gaan werk.

Ná sy studie vir sy BTech-graad is hy terug na dieselfde plaas waar hy drie jaar lank as pakhuisbestuurder gewerk het. Daarna was hy drie jaar lank tegniese bestuurder by een van die grootste pakhuise ter wêreld, in Maidstone naby Kent.

Hoewel dit vreemd klink vir ’n skaapboer om homself in die vrugtebedryf te bevind, sê Currie dit was ’n goeie geleentheid. “Dit was heeltemal ’n nuwe rigting, maar die sakebeginsels bly dieselfde. Ek het baie geleer. As tegniese bestuurder was ek boonop in beheer van die oudits.

Danksy daardie ondervinding geniet ek dit om die RWS-standaard (Responsible Wool Standard) op my plaas in te stel.” Dié sertifisering bied hom ook die geleentheid om sy plaas netjies te hou.

“Jy doen alles op die plaas vir jouself, maar dit is lekker om te sien waarmee jy besig is wanneer ander mense daarna kom kyk.” Danksy sy ondervinding met ouditstelsels in die vrugtebedryf, wat volgens hom die wolbedryf jare vooruit is, weet hy dit is die regte rigting waarin die wolbedryf beweeg.

“Boere word nou danksy RWS gedwing om te sorg dat alles in hul boerdery bygewerk en reg is.” Die sertifisering is nog ’n manier om waarde tot sy skaapboerdery toe te voeg.

Bloubessies

Currie het ná sy terugkeer uit Engeland 4 ha bloubessies in vennootskap met sy neef, mnr. Lochard Whyle, geplant, aangesien sy suurder grond geskik is vir bloubessies. Bloubessies was ’n beter keuse as aarbeie en frambose vanweë hul gehardheid en langer rakleeftyd.

Sy vrou, Sarah, het ná hul troue na die bloubessievertakking begin omsien. Sy het ook haar eie besigheid, Hogsback Berries, begin, en verkoop onder meer vars bessies in seisoentyd en bevrore bessies regdeur die jaar. Currie tree as raadgewer op, Sarah snoei en oes die bessies, en Whyle sien na die besproeiing om.

Sarah bemark ook ander bessies, gemengde neute, draakvrugte en spesialiskonfyte, wat alles in Suid-Afrika geproduseer word. Die spesialiskonfyte word deur mnr. Gordon Johnston van Hogsback gemaak. Die Curries koop die konfyt in groot maat aan en verpak dit in kleiner verpakkings.

“Dit is lekker, want dit bied werk vir die plaaswerkers se vroue.” Sarah lewer die bessies tans op bestelling af in onder meer Gqeberha, Oos-Londen, langs die Tuinroete, in Makhanda en ook op kleiner plekke, soos Adelaide, Bedford en Stutterheim.

“Die produkte gaan van die boer tot op die koper se rak. Omdat ek in Engeland met die middelman gewerk het, weet ek hulle neem ’n groot hap en jy wag vir jou geld. Boonop hou mense daarvan om direk by die boer te koop,” sê Currie.

Die Curries. Duncan en sy vrou, Sarah, saam met hul ses maande oue seun, Jason.

Gemeenskap

Currie is vol lof vir sy omliggende gemeenskap en die samewerking tussen die boere en hoe sy boerdery daardeur bevoordeel word.

“Ons dink almal dieselfde en wil dieselfde eindpunt bereik, en is nie bang om mekaar te help nie.” Hy is tans ondervoorsitter van die Upper Cathcart-boerevereniging, waar hy omsien na sekuriteit, en is ook betrokke by die Cathcart-polisiëringsforum en -plaaswag.

Die gemeenskap, wat kwaai deurloop onder veediefstal, het onlangs ’n private maatskappy van KwaZulu-Natal, Magma Security, aangestel om veediefstal vas te vat, en hulle was tot dusver baie suksesvol.

Buiten die Winston Woolies-teelgroep is Currie deel van ’n koopgroep wat saam hul veemedisyne koop. ’n Skaapstudiegroep, waarin hy en drie buurmanne kennis uitruil, help hom baie met bestuur.

“Ons ondersteun mekaar en indien ’n boer goed doen en dit werk vir hom, dra hy dit oor. Só leer ons baie.” Currie dien as voorsitter van die rivierkomitee, wat self omsien na die waterverbruik uit die Klipplaatrivier, aangesien die rivier bo enige opvangsdam is en dus nie deur die staat bestuur word nie.

Daar is ’n goeie verstandhouding tussen die boere langs die rivier, en verskillende inperkingsvlakke word ingestel volgens die watervlak om te verseker waterverbruik word eweredig versprei, veral in droogtetye.

Currie meen die huidige droogte en politieke toestande skep geleenthede, aangesien mense steeds kos op die tafel moet hê. “Daar is baie geleenthede in Suid-Afrika, dit hang net af hoe ons dit aanpak.”

Danksy innovering kan hy vir homself geleenthede skep. “Weens die veediefstal hou baie mense op om met skape te boer, maar deur produktiewer en doeltreffend te wees en meer skape aan te hou, is dit ’n geleentheid vir my.”

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.01
-1.3%
Rand - Pond
20.11
+0.1%
Rand - Euro
17.64
-0.4%
Rand - Aus dollar
11.55
-0.0%
Rand - Jen
0.12
-1.0%
Goud
1,713.07
-0.2%
Silwer
20.66
+0.1%
Palladium
2,253.50
-0.2%
Platinum
925.00
+0.3%
Brent-ruolie
93.37
+1.7%
Top-40
59,416
+0.4%
Alle aandele
65,833
+0.3%
Hulpbronne 10
63,279
-0.6%
Industriële 25
80,027
+1.0%
Finansiële 15
13,997
+0.3%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Wil jou die mooi kant van die lewe wys
Ek is n boer van beroep maar dis nie net n beroep nie dis n passie om elke dag in die skepping te kan werk is n vooreg. Ek het n grood liefde vir die natuur en om tyd daar in te...
Soek my maat!
Ek hou van golf speel en fiets ry. Ek geniet om dinge saam met my maat te doen maar ek hou ook van my eie tyd.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot