Die uitbrekings kan egter na drie voorvalle teruggespeur word waartydens beeste onwetend of onwettig uit Limpopo se bek-en-klouseerbeheersone vervoer is. Ons volg Adié beeste se spoor en kyk watter lesse geleer kan word.
Alles het weer begin toe personeel van die direktoraat veeartsenydienste sere aan beeste se bekke opgemerk het tydens ’n roetine-inspeksie by ’n kommunale diptenk by Matubatuba in KwaZulu-Natal. Dit was op 27 Mei 2021, skaars ’n jaar nadat Suid-Afrika bek-en-klouseer in 2020 onder beheer gekry het.
Die vorige uitbreking het in Januarie 2019 in die Vhembe-distrik in Limpopo begin. Die direktoraat het dadelik dié diptenk in kwarantyn geplaas en ’n inspeksieveldtog by ander kommunale diptenks in die omgewing van stapel gestuur.