Beesboere het histories bulle met horings verkies vanweë die opvatting dat diere met horings vrugbaarder is en sterker manlike eienskappe toon. Hierdie opvatting het moontlik gelei tot seleksievoorkeur vir bulle met horings by ’n paar rasse.
Die werklikheid is dat horings by beeste in die moderne produksiepraktyke sekere nadele het. Horings kan kneusings, velskade en beserings aan ander beeste of dierehanteerders veroorsaak. Die benutting van poenskopdiere in die vleisbeesbedryf hou aansienlike voordele in.
In voerkrale kan daar meer poenskopbeeste by die voerbakke aangehou word. ’n Ander groot voordeel is dat die risiko van kneusing en potensiële karkasskade tydens vervoer na die abattoir verminder word en dus moontlike ekonomiese verliese verminder.