AFGRI
BEAN
07 Okt
-
8950
0,00
CORN
07 Okt
-
4818
0,00
SOYA
07 Okt
-
9370
0,00
SUNS
07 Okt
-
10247
0,00
WEAT
07 Okt
-
7215
0,00
WMAZ
07 Okt
-
4965
0,00
YMAZ
07 Okt
-
4850
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Private sektor en minister vergader oor entstowwe

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: Liza Bohlmann
Foto: Liza Bohlmann
Rolspelers in die landboubedryf het onlangs met die regering vergader oor die kwessies in verband met entstoftekorte.

Die kwessies in verband met entstoftekorte is op ’n vergadering tussen verskeie belanghebbendes bespreek. Die nasionale dieregesondheidsforum (NAHF), belanghebbendes binne die rooivleisbedryf soos Agri SA, die African Farmers’ Association (Afasa) en dieregesondheidsmaatskappye, die bestuur van Onderstepoort Biologiese Produkte (OBP) en die Landbounavorsingsraad (LNR) se veeartsenykundige navorsingsafdeling het met me. Thoko Didiza, minister van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling, vergader.

Mnr. Gerhard Schutte, voorsitter van die NAHF, het gesê dit was ’n opbouende bespreking.

Mnr. Mooketsi Ramasodi, direkteur-generaal van die departement van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling, het gesê staatsingryping en beplanning om biosekerheid op te skerp sal op kort, medium- en lang termyn plaasvind met die samewerking van die departement, bedryfsbelanghebbendes, die nege provinsies en die nege provinsiale dieregesondheidsforums.

Didiza het gesê die NAHF is die verteenwoordigende liggaam wat oplossings moet soek vir die dieregesondheidsbedryf en die pad vorentoe vir enstofvoorsiening aan die nasionale kudde.

OBP-kwessies ter tafel gelê

Die NAHF het op die vergadering gesê die tekort aan OBP-entstowwe het ’n risiko vir die nasionale kudde geword en dat die immuniteit van die nasionale kudde gevolglik bedreig word. Dit raak nie net voedselsekerheid en winsgewendheid nie, maar soönotiese siektes hou ’n ernstige gevaar vir mense in.

Die NAHF het verwys na die R500 miljoen wat vir opknappings by OBP beskikbaar gestel is en gevra oor die vordering van die projek. Die NAHF is bekommerd dat OBP se klem op uitvoer is en meen dat die maatskappy ’n balans tussen uitvoer en produksie vir die plaaslike mark moet handhaaf.

Dit is ’n groot risiko om van OBP afhanklik te wees vir sekere strategiese entstowwe. Die NAHF voel dat die private sektor ’n groter rol moet speel om die risiko te verminder.

Van die aanbevelings wat ter tafel gelê is om die situasie by OBP te beredder, sluit onder meer ’n bespoediging in van die registrasie van entstowwe wat reeds voldoen aan Wet 36 van 1947. “Ons stel voor dat noodregistrasies ingevolge Wet 101 van 1965, Wet 36 van 1947 en Wet 35 van 1984 oorweeg moet word. Verder is die uitruil van intellektuele eiendom in nasionale belang en dit moet dringend ondersoek word.”

Landbounavorsingsraad ook bespreek

Die LNR se onvermoë om bek-en-klouseerentstowwe plaaslik te vervaardig is ook bespreek. Die NAHF het gesê dat Suid-Afrika sy bek-en-klouseervrye status by die internasionale organisasie vir dieregesondheid (OIE) verloor het en dat twee jaar sedertdien verloop het. Intussen is nog ’n uitbreking van bek-en-klouseer in KwaZulu-Natal in 2021 aangemeld, wat uiters kommerwekkend is.

“Dit is ’n groot risiko dat Suid-Afrika sy entstof van Botswana af moet invoer. Die NAHF glo dat die LNR sy proses moet bespoedig ten einde bek-en-klouseerentstowwe plaaslik te vervaardig sodat Suid-Afrika sy eie entstowwe teen plaaslike bek-en-klouseerstamme kan produseer.”

Daar is ook vrae gevra oor geld wat aan die LNR beskikbaar gestel is om hierdie entstowwe te produseer en die bedryf het versoek dat verslag gelewer word oor die vordering van die projek.

Ou trant nie meer ’n opsie

Die NAHF het gesê dat dit uiters belangrik is om die veeartsenykundige strategie van stapel te stuur en meer kapasiteit en bykomende hulpbronne beskikbaar te stel. “Dit is nie ’n opsie om op die ou trant aan te gaan nie. Dit is uiters belangrik dat teikenspesifieke ingrypings nou moet plaasvind. Die bedryf het die OBP en die LNR nodig, maar ook private besighede om die risiko te verminder en die nasionale kudde se gesondheidstatus te behou. Die bedryf het ’n bek-en-klouseervrye status nodig en stem saam dat samewerking tussen die regering en die private sektor die enigste manier is om dit te vermag.”

Didiza het erken dat probleme bestaan en dat die bedryf in sy geheel – die regering en die private sektor – op kort, medium-, en lang termyn daaraan sal moet werk. ’n Werkgroep is gestig om met die direkteur-generaal te skakel.

Die vergadering het saamgestem die risiko van entstowwe wat nie beskikbaar is nie, is onaanvaarbaar. Derhalwe sal gekonsentreer word op noodregistrasies van entstowwe, asook om intellektuele eiendom beskikbaar te stel en private besighede in staat te stel om hierdie doelwitte te behaal.
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.02
-0.0%
Rand - Pond
20.04
+0.3%
Rand - Euro
17.61
+0.1%
Rand - Aus dollar
11.51
+0.3%
Rand - Jen
0.12
-0.2%
Goud
1,709.90
-0.2%
Silwer
20.68
+0.1%
Palladium
2,264.28
+0.1%
Platinum
924.50
-0.1%
Brent-ruolie
94.42
+1.1%
Top-40
59,416
0.0%
Alle aandele
65,833
0.0%
Hulpbronne 10
63,279
0.0%
Industriële 25
80,027
0.0%
Finansiële 15
13,997
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
kom ons skryf ons eie roman
ek is n baie positiewe persoon wat altyd reg staan om my medemense te help. ek hou van die buite lewe en gaan kamp baie, jag ,visvang. en natuurlike n lekker braai. die wereld...
Wie is
Ek leef vir God en sit als in Sy hande dan val alles self in plek. Het baie om te vertel en n vreeslike interessante storieboek, maar heeltemal te veel om te tik. My swakste...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot