Dit gee erkenning aan veld- en veeboere se bydrae tot volhoubare ekostelsels en die vermoë om grond wat nie vir ander landbou-aktiwiteite geskik is nie, in voedsel- en bestaansmoontlikhede te omskep.
Ekstensiewe veeboerdery, wat gewoonlik in afgeleë gebiede in ongenaakbare en wisselvallige toestande beoefen word en nie juis groot winste oplewer nie, word dikwels nie na waarde geskat nie.
Tog toon jare lange navorsing veeboere se vermoë om yl en kortlewende plantegroei wat nie deur mense geëet kan word nie, te omskep in gesonde kos met ’n hoë proteïeninhoud en sodoende tot voeding en voedselsekerheid by te dra.