AFGRI
BEAN
20 Jan
-
7866,4
52,40
CORN
20 Jan
-
3686
-7,00
SOYA
20 Jan
-
8190
92,00
SUNS
20 Jan
-
8939
72,00
WEAT
20 Jan
-
5895
-33,00
WMAZ
20 Jan
-
3599
3,00
YMAZ
20 Jan
-
3745
-4,00
AMT
Beeste A2/3
07 Jan
-
55,55
-1,06
Beeste AB2/3
07 Jan
-
53,84
-0,97
Beeste B2/3
07 Jan
-
51,83
-1,13
Beeste C2/3
07 Jan
-
47,03
0,97
Bevrore Hoender
07 Jan
-
29,37
0,87
Bokkies (onder 30 kg)
07 Jan
-
60,79
-1,75
Bokooie
07 Jan
-
44,43
0,22
Groot (meer as 40 kg)
07 Jan
-
42,4
-6,15
Hoender (IQF)
07 Jan
-
27,73
1,73
Medium (30-40kg)
07 Jan
-
54,52
2,25
Pork Average
07 Jan
-
28,77
0,80
Poultry Average
07 Jan
-
29,2
1,37
Skaap A2/3
07 Jan
-
82,4
-1,11
Skaap AB2/3
07 Jan
-
75,3
-0,89
Skaap B2/3
07 Jan
-
73,05
-1,17
Skaap C2/3
07 Jan
-
68,32
-0,93
Speenkalf
07 Jan
-
40,26
-0,09
Spekvarke
07 Jan
-
29,08
1,15
Stoorlammers
07 Jan
-
40,88
0,22
Varkwors
07 Jan
-
22,76
0,18
Vars Hoender
07 Jan
-
30,5
1,50
Vleisvarke
07 Jan
-
28,73
0,77
Wol (skoon)
07 Jan
-
175,36
3,01

Roofdiere woon lekker op plase, sê navorser

akkreditasie
Die doktorale student me. Marine Drouilly sit ’n GPS-halsband om ’n rooikat se nek in die Anysberg-natuurreservaat. Foto: KAI ‘FITCHEN
Die doktorale student me. Marine Drouilly sit ’n GPS-halsband om ’n rooikat se nek in die Anysberg-natuurreservaat. Foto: KAI ‘FITCHEN
Die voorkoms en aantal roofdiere – veral jakkalse en rooikatte – op plase in die Sentraal-Karoo word nie deur veeboere se bekampingsmaatreëls beïnvloed nie, is die verrassende bevindings van navorsing vir ’n doktorsgraad.

Me. Marine Drouilly van Frankryk, wat haar studie aan die Universiteit van Kaapstad voltooi het, het van 2012 tot 2015 navorsing op sowat 160 000 ha in die Sentraal-Karoo gedoen.

Die navorsing is uitgevoer op 22 aangrensende plase in die Koup, waar hoof- saaklik met skape (Dorpers en Merino’s) en Boerbokke en Angorabokke geboer word (sowat 144 teelooie per 1 000 ha), en Kaapse Natuurbewaring se Anysberg-natuurreservaat sowat 40 km suidwes van die Koup.

Die gebied val binne die Nama-Karoo, met kenmerkende yl plantegroei wat struikgewasse en gras insluit. Die topografie sluit vlaktes met droë rivierbeddings en heuwels in, en die gebied word deur berge begrens.

Drouilly wou vasstel wat die invloed van ekstensiewe kleinveeboerdery op die verskeidenheid, verspreiding en getalle van roofdier- en ander wildsoorte op die veeplase is deur dit te vergelyk met die spesies wat in die beskermde gebied voorkom.

Die volgende aannames is gemaak: ’n Kleiner verskeidenheid wildspesies kom op plase voor. Minder wild kom op plase voor weens die mens se versteuring van die omgewing. Karnivore wat deur boere “vervolg” word omdat hulle vee vang, kom in kleiner getalle op plase voor. Groter soogdiere kom in groter getalle in die bewaringsgebied voor.

Kameras wat in die veld opgestel is, het die voorkoms van diere vasgelê, en die versameling en ontleding van mis het die kamerabevindings bevestig. Onder die belangrike bevindings wat die aannames weerspreek, is dat daar geen beduidende verskil gevind is in spesieverskeidenheid of die aantal diere tussen die plase en die bewaringsgebied nie.

Volgens Drouilly was dit ’n nog groter verrassing dat die teenwoordigheid van vee nie een van die wildspesies nadelig geraak het nie. Hoewel ’n hoë graad van menslike bedrywighede ’n nadelige uitwerking op talle wildspesies het, het die betreklik min menslike aktiwiteite op die spesifieke plase en in die bewaringsgebied baie min of geen invloed op die aantal spesies se teenwoordigheid gehad.

Omgewingsfaktore, soos die topografie, het wel ’n invloed op die verspreiding en aantal spesies gehad met meer diere wat in laagliggende gebiede voorgekom het, veral in oewerbos langs rivierbeddings.

In teenstelling met die derde aanname is bevind dat feitlik ewe veel karnivore in die bewaringsgebied en op plase voorkom, al beheer boere veral jakkalsgetalle op die plase. Daar het meer rooikatte op die plase voorgekom as in die bewaringsgebied. Dit kan moontlik toegeskryf word daaraan dat rooikatte meer gevoelig is vir die teenwoordigheid van luiperds, wat in hoërgeleë gebiede in die bewaringsgebied voorkom.

Die enigste aanname wat korrek was, is dat meer groter soogdiere in die bewaringsgebied as op plase voorkom, terwyl omnivore, insektivore en klein- en mediumgrootte spesies ewe lekker, of selfs lekkerder, op plase as in die bewaringsgebied leef.

Bron: Drouilly, M., Clark, A. en O’Riain, M.J., 2018. Multi-species occupancy modeling of mammal and ground bird communities in rangeland in the Karoo: A case for dryland systems globally. Biological Conservation, 224, bl.16-25

Ontvang die nuutste landbounuus en -raad in verskeie bedrywe - teken HIER in vir een van ons nuusbriewe.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
15.20
+0.8%
Rand - Pond
20.67
+1.0%
Rand - Euro
17.19
+1.1%
Rand - Aus dollar
10.99
+0.6%
Rand - Jen
0.13
+0.7%
Goud
1,838.17
-0.1%
Silwer
24.47
+1.3%
Palladium
2,065.50
+3.1%
Platinum
1,042.50
+1.5%
Brent-ruolie
88.44
+1.1%
Top-40
69,587
+0.1%
Alle aandele
76,233
+0.1%
Hulpbronne 10
77,182
+0.2%
Industriële 25
95,831
+0.2%
Finansiële 15
15,111
-0.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Old school gentleman, great kok, entertainer
Daar is sofeel om te lewe voor, sofeel om te geniet en sofeel om saam iemand spesiaal te doen. As ek nie n ou is wat alleen uitgaan nie, probeer ek maar die platform, net dalk...
New kid on the block
Ek het 'n sterk positiewe uitkyk op die lewe, glo ek het 'n aangename persoonlikheid en sal graag (christelike) vriende hier ontmoet wat die lewe ook geniet.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot