AFGRI
BEAN
20 Mrt
-
9998,4
-117,60
CORN
20 Mrt
-
4457,6
-43,40
SOYA
20 Mrt
-
8505
-103,00
SUNS
20 Mrt
-
9390
-248,00
WEAT
20 Mrt
-
6630
-41,00
WMAZ
20 Mrt
-
3950
-38,00
YMAZ
20 Mrt
-
4156
-27,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
10 Mrt
-
171,8
0,00
Ave Wool - RWS
10 Mrt
-
185,09
0,00
Beeste A2/3
10 Mrt
-
54,09
0,00
Beeste AB2/3
10 Mrt
-
52,37
0,00
Beeste B2/3
10 Mrt
-
49,71
0,00
Beeste C2/3
10 Mrt
-
48,2
0,00
Bevrore Hoender
10 Mrt
-
33,07
0,00
Bokkies (onder 30 kg)
10 Mrt
-
47,59
0,00
Bokooie
10 Mrt
-
35,3
0,00
Groot (meer as 40 kg)
10 Mrt
-
37,88
0,00
Hoender (IQF)
10 Mrt
-
32,24
0,00
Medium (30-40kg)
10 Mrt
-
42,34
0,00
Pork Average
10 Mrt
-
33,17
0,00
Poultry Average
10 Mrt
-
33,05
0,00
Skaap A2/3
10 Mrt
-
85,28
0,00
Skaap AB2/3
10 Mrt
-
82,03
0,00
Skaap B2/3
10 Mrt
-
66,9
0,00
Skaap C2/3
10 Mrt
-
63,53
0,00
Speenkalf
10 Mrt
-
33,23
0,00
Spekvarke
10 Mrt
-
34,32
0,00
Stoorlammers
10 Mrt
-
38,83
0,00
Varkwors
10 Mrt
-
26,35
0,00
Vars Hoender
10 Mrt
-
33,85
0,00
Vleisvarke
10 Mrt
-
33,05
0,00
Deel

Ruvasa – Voorkoms van bosluisoorgedraagde siektes bly hoog

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Ter illustrasie. Foto: Peter Pentz
Ter illustrasie. Foto: Peter Pentz
Hoewel daar in Junie ’n afname aangeteken is ten opsigte van die aanmelding van siektes wat deur insekte oorgedra word as gevolg van die winterweer, kom siektes wat deur bosluise oorgedra word, steeds op baie plekke voor.

Bosluisoorgedraagde siektes soos Afrika- en Asiatiese rooiwater, knopvelsiekte, anaplasmose en hartwater is in die meeste provinsies aangemeld. Dr. Faffa Malan, bestuurder van die Herkouerveterinêre Vereniging van Suid-Afrika (Ruvasa), wat maandeliks ’n verslag saamstel oor veesiektes wat by veeartse reg oor Suid-Afrika aangemeld word, sê knopvelsiekte het in al die provinsies voorgekom, Afrika-rooiwater in al die provinsies buiten die Wes-Kaap en Asiatiese rooiwater in al die provinsies buiten Noordwes en die Wes-Kaap. Anaplasmose is ook oral buiten in die Wes-Kaap en Limpopo aangemeld.

Die veesiekteverslag vir Junie is saamgestel uit 151 verslae deur veeartsenykundige praktyke en laboratoriums landwyd. Dit sluit in 13 verslae uit Mpumalanga, 14 uit Gauteng, 9 uit Limpopo, 13 uit Noordwes, 27 uit die Vrystaat, 17 uit KwaZulu-Natal, 13 uit die Oos-Kaap, 21 uit die Wes-Kaap en 12 uit die Noord-Kaap.

Malan sê ná die goeie reën in groot dele van Suid-Afrika was daar ’n groot toename in die voorkoms van bosluise. Bloubosluise is van die vernaamste oordraers van siektes en hy raai boere aan om vas te stel teen watter middels die bosluise op hul plase moontlik weerstandbiedend is. “Jou veearts sal kan help om bosluise te versamel en te toets vir weerstandbiedendheid. Bespreek ook jou bosluisbestuursprogram met jou veearts.”

Asiatiese rooiwater

Hy waarsku dat Asiatiese rooiwater, een van die dodelikste siektes vir beeste, versprei en talle vrektes is aangemeld. Die vrektes kom gewoonlik voor wanneer vatbare diere na gebiede geneem word waar dié bosluisoorgedraagde siekte voorkom. Anaplasmose raak ook ’n groot probleem en Malan sê as dieselfde naald gebruik word om verskillende beeste in te ent kan dit die siekte help versprei.

“Die antwoord lê egter daarin om wel jou diere met die hulp van jou veearts in te ent. Wees bedag daarop om nie vatbare beeste na gebiede te vervoer waar die siekte nie voorkom nie en moet ook nie beeste wat moontlik besmette bosluise het, na siektevrye gebiede neem nie. Voor jy diere aankoop, praat met veeartse in die gebied waar die diere is en ook met die veeartse in die gebied waarheen die diere geneem word.”

Malan sê bosluise kan ook skade aan beeste se ore, huide en uiers aanrig. Daar moet veral gekeer word vir skade aan uiers en spene. Bosluise soos die bontpootbosluis kan onherstelbare skade aanrig en die diere is dan ook baie vatbaar vir besmetting deur spykerwurms.

Haarwurms

“Al is dit nou winter is inwendige parasiete, soos haarwurm, steeds ’n groot probleem by skape en bokke. Boere moet saam met hul veearts beplan wat die korrekte bestuursmaatreëls is. Daar is reeds haarwurms wat weerstand bied teen alle aktiewe ontwurmingsmiddels. Skape moet weekliks vir siektetekens dopgehou word en indien dit voorkom, moet ’n veearts seker maak watter ontwurmingsmiddels doeltreffend sal werk.

“Dit is in elk geval nou die tyd om saam met jou veearts te gaan sit en jou bestuursprogram vir die volgende reënseisoen te beplan en te verbeter,” sê hy. “Dit is belangrik om vas te stel watter siektes in jou gebied voorkom en wat die risiko is wat dit vir jou inhou.”

Hy waarsku dat die beskikbaarheid van entstowwe tydens die uitbreking van ’n siekte ’n groot probleem kan raak. “Doen die nodige stappe betyds. As entstowwe nie beskikbaar is nie, raak die bekamping van bosluise en insekte selfs belangriker.”

Klik hier om die tabel te sien wat toon watter vernaamste siektes en ­toestande in Junie by Ruvasa aangemeld is.
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.52
-0.6%
Rand - Pond
22.74
-1.6%
Rand - Euro
19.86
-0.8%
Rand - Aus dollar
12.44
-1.2%
Rand - Jen
0.14
-1.3%
Platinum
988.38
+2.1%
Palladium
1,411.23
-0.0%
Goud
1,978.75
-0.5%
Silwer
22.54
-0.3%
Brent-ruolie
72.97
-2.4%
Top-40
68,799
+2.6%
Alle aandele
74,271
+2.4%
Hulpbronne 10
65,660
+4.2%
Industriële 25
99,818
+2.8%
Finansiële 15
15,066
-0.3%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Hou van kamp
Gemaklik met vriendelike geaardheid. Goeie waardes heg baie waarde aan eerlikheid. Natuur en kamp is van my voorkeure. Gesond en sportief. Bok vir sport
As ons nie ontmoet nie, sal ons nie weet nie.
Hierdie is altyd vir my 'n moeilike een. Hier kan ons onsself inkleur met die mooiste potlode. Google kan selfs genader word vir 'n oulike beskrywing, ek verkies om die persoon...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot