Die vulkaniese eiland Tristan da Cunha is sowat 2 787 km suidwes van Suid-Afrika – ’n reis van ses dae per boot.
Maar wanneer jy besluit om ’n Angus-bul in ’n krat, wat ’n stewige 1 600 kg weeg, daarheen te vervoer, sal jy in jou noppies wees as die vragskip dié tog veilig binne drie tot vier weke kan voltooi.
’n Mens weet nooit hoe daardie see se water gaan lyk nie, vertel mnr. Philip de Waal, eienaar van die Locheim-stoetery op die plaas Bossiesvlei buite Moorreesburg.