Landbouweekblad is die naamborg vir die Elite-platinumkoeikompetisie waarvolgens een koei per ras in aanmerking kom. In vandeesweek se tydskrif (sien bl. 52-53) en in die komende uitgawes word die finaliste geplaas.
Vanjaar is daar 18 koeie — Angus, Ankole, Braunvieh, Beefmaster, Bonsmara (Suid-Afrika, Namibië en Brasilië), Beef Shorthorn, Charolais, Drakensberger, Hugenoot, Nguni, PinZ2yl, South Devon, Senepol, Santa Gertrudis, Sussex en Tuli.
Hierdie koeie voldoen aan die Logix-vleisbees- databasis se kriteria met betrekking tot produksie-, reproduksie-en genetiese-meriete-standaarde.