Die ooi van mnr. Franco von Wielligh van die plaas De Rust buite Kroonstad gaan in November vir die 14de keer lam, sal sy die bestaande rekordgetal van 29 lammers vir ’n enkele ooi van dié ras verbysteek. Dit beteken ook dat sy dan vir die tweede agtereenvolgende jaar twee keer in dieselfde jaar gelam het.
Die ooi, 10-0134 LT, matriarg van die Rustvlei-stoetery, is op 8 Augustus 2010 gebore. Sy het al 29 lammers gehad waarvan sy 23 gespeen het. Dit maak haar een van die oudste geregistreerde ooie wat dié prestasie behaal het. Meer uitsonderlik is dat daar net een keer ’n enkele lam gebore is. Sy het nege tweelinge, twee drielinge en een vierling sonder moeite in die lewe gebring. In totaal het sy 744 kg gespeen.
Von Wielligh het die ooi, wat as een van ’n tweeling gebore is, in Mei 2016 as sy eerste stoetooi op ’n produksieveiling van mnr. Manie Lombard se SA Vleismerino-stoetery Stelena op die plaas Nooitgedacht, Oranjeville, gekoop en net R3 300 vir haar betaal. Dit was ook die begin van ’n mooi vriendskap tussen die twee telers.