Boerdery in Suider-Afrika is meestal nie maklik nie, maar in die suide van Namibië is dit nóg moeiliker en produsente moet op ’n spesiale manier boer. Net ’n handjie vol boere kan in sulke uiterstes vooruit boer.
Soos mnr. Nico Strauss van Velloor die streek beskryf: Die taaiste van taai toestande, waar die afgelope somer se 150-300 mm reën as uitermate baie bestempel word. Soms is hulle net 40-50 mm in ’n hele jaar beskore. Kennis van die omgewing en sy beperkings is voorvereistes om hier te seëvier.
Saamstaan en mekaar help moet deel van sulke boere se lewenswyse wees. Droogtehulp word sorgvuldig verdeel en boere help mekaar oor en weer met weiding.