Die benutting van tegnologie vir die teel van optimaal vrugbare vleisbeeste wat uitstekend groei, is die suksesverhaal van die Clarks wat van geslag tot geslag oorgedra word.
Mnr. Ed Clark met sy HBH-Tuli-stoetery is die vierde geslag Clark wat met deeglike bestuur en nougesette seleksie in ’n klipharde omgewing vooruitgaan. Sy diere se hoë speenpersentasie van meer as 90 getuig van die kennis wat deur sy pa, Russell, aan hom oorgedra is.
Russell boer op die plaas Denwood waar die Hereford-stoetery bedryf word, en Ed op Hartebeesthoek met die Tuli’s en kommersiële beeste. SA Stamboek behartig die registrasie- en prestasiedata wat die Clarks in staat stel om teelwaardes te bereken.