AFGRI
BEAN
28 Sep
-
9340
-83,00
CORN
28 Sep
-
4851,2
34,20
SOYA
28 Sep
-
9364
-33,00
SUNS
28 Sep
-
9975
79,00
WEAT
28 Sep
-
7046
-7,00
WMAZ
28 Sep
-
4888
48,00
YMAZ
28 Sep
-
4737,8
55,80
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
0,00
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
0,00
Beeste A2/3
16 Sep
-
60,68
-0,67
Beeste AB2/3
16 Sep
-
56,6
-0,92
Beeste B2/3
16 Sep
-
52,85
-1,51
Beeste C2/3
16 Sep
-
50,84
1,51
Bevrore Hoender
16 Sep
-
31,02
-0,01
Bokkies (onder 30 kg)
16 Sep
-
75,48
18,07
Bokooie
16 Sep
-
45,78
3,28
Groot (meer as 40 kg)
16 Sep
-
44,01
5,77
Hoender (IQF)
16 Sep
-
30,23
0,48
Medium (30-40kg)
16 Sep
-
53,08
10,03
Pork Average
16 Sep
-
27,22
-0,34
Poultry Average
16 Sep
-
31,03
-0,15
Skaap A2/3
16 Sep
-
95,57
2,81
Skaap AB2/3
16 Sep
-
86
2,91
Skaap B2/3
16 Sep
-
79,77
0,66
Skaap C2/3
16 Sep
-
75,06
0,47
Speenkalf
16 Sep
-
37,59
-0,66
Spekvarke
16 Sep
-
27,98
-0,75
Stoorlammers
16 Sep
-
43,3
0,38
Varkwors
16 Sep
-
22,4
-0,17
Vars Hoender
16 Sep
-
31,83
-0,92
Vleisvarke
16 Sep
-
27,17
-0,28

Slapende rooivleisreus besig om te ontwaak

akkreditasie
Foto: Johan Norval
Foto: Johan Norval
Die slapende rooivleisreus is besig om te ontwaak, gemeet aan die stygende produsenteprys vir lams-, skaap- en beesvleis en die groot potensiaal vir die uitvoer van rooivleis.

Mnr. Koos van der Ryst, uittredende voorsitter van die nasionale Rooivleisprodusente-organisasie (RPO), het tydens die virtuele jaarkongres gesê hoewel die covid-19-pandemie baie probleme veroorsaak het en dit nog lank kan voortduur, het die rooivleisbedryf uitstekend in dié moeilike tyd gevaar.

Die produsenteprys van lamsvleis is 15% hoër as ’n jaar gelede en skaapvleis kos 23% meer. Daar is ook ’n groter vraag na stoorlammers deur produsente wat hul oesreste benut. Die hoër pryse is onder meer omdat 13% minder geslag word te midde van ’n kuddeboufase ná die droogte, veediefstal, roofdiere en uitvoer van lewende vee vir slagdoeleindes na die Midde-Ooste. “Die bedryf moet toesien dat hierdie uitvoer op ’n permanente basis volgens aanvaarbare protokol vir dieresorg geskied. Tot 6% van plaaslike produksie kan uitgevoer word wat baie vir die bedryf sal beteken.”

Uitvoer gaan voort, ondanks die Dierebeskermingsvereniging se pogings om dit te verhinder. Die RPO se standpunt is om die uitvoer te steun, maar dat dit aan internasionale maatreëls vir dieresorg moet voldoen. Die Rooivleisbedryfsforum se benadering is: Kom ons doen dit reg, dan kan ons dit op ’n permanente basis doen.

Ondanks ’n goeie reënseisoen in die somerreëngebied is ekstensiewe skaapproduksiegebiede soos die Boesmanland, Hantam, Koup en Sentraal-Karoo steeds baie droog en produksiekapasiteit is net 50%.

Die prys vir klas A2/A3-beesvleis het met 13% en klas C2/C3-vleis het met 19% gestyg. Die speenkalfprys is 36% hoër as ’n jaar gelede. Die stewige produsenteprys is weens ’n kombinasie van ’n goeie binnelandse vraag en uitvoer wat ondanks bek-en-klouseer na 23 lande herstel is. Beesvleisuitvoer het van die markte in Afrika suid van die Sahara na die Midde-Ooste en China verskuif. Beesvleis-uitvoer beloop 4% van plaaslike produksie en het die potensiaal om tot 20% te groei.

Bek-en-klouseer en naspeurbaarheid

Suid-Afrika het sy status as bek-en-klouseer-vrye sone verloor en dit sal langer as vyf jaar duur om dit te herwin, “indien ons alles reg doen”. Alle uitvoer moet nou deur bilaterale handelsooreenkomste geskied. Dit sluit genetiese materiaal en stoetvee in. Namibië sal gesluit bly vir die uitvoer van stoetdiere totdat die status herstel is. Daar word hard gewerk aan ’n protokol om stoetdiere weer na Botswana uit te voer.

Oor naspeurbaarheid het Van der Ryst gesê die werksaamhede van die LITS SA-komitee het momentum gekry. Die toepassing van ’n naspeurbaarheidstelsel is ’n voorvereiste vir Suid-Afrika om sy bek-en-klouseervrye status te herwin. Daar is egter ernstige kapasiteitsprobleme om dit toe te pas. Die Namibiese stelsel het agt mense wat heeltyds die naspeurbaarheidstelsel bedryf, terwyl Suid-Afrika se departement van landbou net een mens vir dié funksie afstaan. “Die bedryf moet ernstig besin oor hoe ons kapasiteit moet skep. Dit moet op vryemarkbeginsels gedoen word en die bedryf sal ’n wesenlike bydrae moet lewer.”

Die huidige heffingsperiode eindig op 4 November 2022 en Bfap is deur die produsente-, voerkrale- en abattoirbedryf opdrag gegee om behoeftes te identifiseer en ’n aanbeveling oor veranderings te maak. Aspekte wat dit moet insluit, is verbruikersgemoedsrus en -opvoeding, bedryfskakeling, produksie-ontwikkeling, transformasie, navorsing en ontwikkeling, en voldoening. Kapasiteit moet ook in die heffing geskep word om na dieregesondheid, naspeurbaarheid en handel om te sien. 

* Mnr. James Faber is tydens die kongres onbestrede as die nuwe voorsitter aangewys. Faber, wat voorheen die eerste ondervoorsitter was, boer by Barkly-Wes in die Noord-Kaap.
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.10
-0.5%
Rand - Pond
19.13
+1.0%
Rand - Euro
17.31
-0.2%
Rand - Aus dollar
11.57
+0.1%
Rand - Jen
0.13
-0.5%
Goud
1,625.77
-0.2%
Silwer
18.18
-1.2%
Palladium
2,080.21
+0.2%
Platinum
846.53
-0.8%
Brent-ruolie
86.27
+2.6%
Top-40
56,600
-1.8%
Alle aandele
62,939
-1.7%
Hulpbronne 10
56,568
-0.8%
Industriële 25
77,632
-2.1%
Finansiële 15
13,960
-1.8%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Opsoek na my sielsgenoot
Ek is ń eerlike, opregte tipe man met vaste beginsels wat weet hoe om ń vrou met respek te behandel. Ek hou van reis, braai en dans.
Looking for authentic people
Ek is lojaal Hardwerkend Hou nie van oneerlikheid nie The slower the better - ons lewe in n kits wereled waar mense te vinnig dinge wil hé Alles in die Lewe is n proses Tyd...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot