AFGRI
BEAN
31 Me
-
8440
-229,00
CORN
31 Me
-
4035
-79,00
SOYA
31 Me
-
7769
-121,00
SUNS
31 Me
-
8135
-131,00
WEAT
31 Me
-
6645
-8,00
WMAZ
31 Me
-
3868,2
-34,80
YMAZ
31 Me
-
3822
-31,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
19 Me
-
172,55
7,70
Ave Wool - RWS
19 Me
-
189,51
9,36
Beeste A2/3
19 Me
-
53,82
53,82
Beeste AB2/3
19 Me
-
52,28
0,49
Beeste B2/3
19 Me
-
48,03
-0,79
Beeste C2/3
19 Me
-
45,86
0,34
Bevrore Hoender
19 Me
-
34,01
-1,54
Bokkies (onder 30 kg)
19 Me
-
52,68
-2,51
Bokooie
19 Me
-
40,2
1,49
Groot (meer as 40 kg)
19 Me
-
45,36
4,57
Hoender (IQF)
19 Me
-
33,04
-0,30
Medium (30-40kg)
19 Me
-
48
-3,26
Pork Average
19 Me
-
29,59
0,13
Poultry Average
19 Me
-
33,71
-0,90
Skaap A2/3
19 Me
-
84,64
0,30
Skaap AB2/3
19 Me
-
76,6
10,52
Skaap B2/3
19 Me
-
58,23
-1,47
Skaap C2/3
19 Me
-
57,02
0,77
Speenkalf
19 Me
-
31,04
1,22
Spekvarke
19 Me
-
30,9
0,85
Stoorlammers
19 Me
-
42,28
0,34
Varkwors
19 Me
-
24,66
0,20
Vars Hoender
19 Me
-
34,07
-0,87
Vleisvarke
19 Me
-
29,47
0,05
Deel

Slim plan lewer produktiewe varke

Met 'n ou benadering en die nuutste tegnologie slaag dié varkboer om sy teellyn produktief te hou.

Met 'n ou benadering waarin die nuutste tegnologie as grondslag gebruik is, slaag dié varkboer om sy teellyn produktief te hou en nuwe semen en bere in sy boerdery in te bring sonder die gevaar dat produksie ontwrig word.

Toe die meeste varkboere besluit het om hul teelsôe maerder te teel, het mnr. Neil Dry van Magaliesburg syne matig vet gehou. Dié besluit hou vir hom talle voordele in.

Om sy teellyn te verbeter, leun Dry baie swaar op wetenskaplik bepaalde teelwaardes. Om egter seker te maak nuwe semen of bere lewer die verwagte resultate, gebruik hy drie afsonderlike lyne wat dit moontlik maak om dié nuwelinge eers deeglik te beproef voor hy hulle in sy stoet- of produksielyn gebruik.

Hy noem dié drie lyne die moeder-, dubbeldoel- en terminale lyn. Nuwe bere word eers in die dubbeldoellyn gebruik by sôe wat verteenwoordigend is van die lyn waarvoor hulle geoormerk is.

As dit lyk of dié kombinasie werk, word dit met drie werpsels deeglik beproef voordat die semen of beer voluit gebruik word. As dit glad nie werk nie, word die semen of beer nie verder gebruik nie.

Op dié manier word nuwe teelmate-riaal voluit getoets om vordering te versnel, maar die risiko uitgeskakel van 'n swak kombinasie wat produksie kan benadeel.

Toe Dry in 1994 met vier Groot Wit-soggies en een Landrasbeer begin boer het, het hy besef daar is vier belang-rike faktore wat gaan bepaal of hy gaan slaag, naamlik: 'n Mens moet 'n passie hê vir die diere waarmee jy boer; jy moet weet wat jy wil teel en doelgerig daarheen werk; jou omgewing en infrastruk-tuur moet die diere bevorder waarmee jy boer; en rekordhouding moet só goed wees dat prestasietoetsing en teelwaar-des sinvol gedoen en bepaal kan word.

In sy teling lê hy baie groot klem op teelwaardes wat wetenskaplik bepaal is. Maar net soos wat nuwe teelmateriaal nie blindelings aangewend word nie, word teelwaardes oordeelkundig gebruik in die verskillende lyne om in elke geval aanvullend en regstellend 'n bydrae te lewer ten opsigte van eienskappe wat in die lyn van die grootste belang is.

Die moederlyn bestaan uit sowat 220 sôe waarvan 40 % kunsmatig geïnsemineer en die res deur bere gedek word. Die oogmerk met die lyn is om uitmuntende vervangings- en stoetdiere te teel en F1 -soggies vir kommersiële varkboere te produseer.

Die prestasie van die nageslag ten opsigte van die gewig van die werpsel op 21 dae, speengewig, voeromsettingsverhouding en karkaseienskappe speel saam met bouvorm 'n baie groot rol in seleksie. Sterk bene is noodsaaklik omdat bene wat ingee die vernaamste oorsaak is dat sôe vroeg uitgeskot moet word.

Sôe wat volgens dié kriteria uitgesoek word, word vir hul eerste drie werpsels met 'n Landrasbeer in 'n kruisteelprogram vir die produksie van F1-soggies gebruik.

As die sog in dié proses drie werpsels van gemiddeld 11 kleintjies produseer, wat op 21 dae gemiddeld meer as 68,5 kg weeg, word sy in die moederlyn opgeneem waar sy verder met uitgesoekte Groot Wit-bere gepaar word.

Dié sôe word in die lyn behou tot hulle sewe werpsels gehad het en dan uitgeskot omdat Dry aanvaar dat hy teen daardie tyd beter vervangingsôe moet hê, anders werk sy teelprogram nie.

Sowat 35% sôe word jaarliks in die moederlyn vervang. Die F1-soggies word op sy produksieveiling en uit die hand uit aan kommersiële boere landwyd verkoop.

Die terminale lyn bestaan uit sowat 40 sôe. Die hoofdoel daarmee is om bere te teel vir gebruik deur kommersiële boere by F1-soggies ten einde basterkrag ten beste te benut.

In die seleksie van dié diere speel teelwaardes net so 'n groot rol, maar groter klem word in dié geval gelê op groeivermoë (gemiddelde daaglikse gewigstoename so hoog moontlik), voeromsettingsverhouding so goed moontlik, P2- en T2-metings (vetdikte so laag moontlik) en oogspieroppervlakte so groot moontlik.

Hiervoor word suiwer Groot Wit-sôe uit die terminale lyn en sôe uit die dubbeldoellyn saam met terminale bere gebruik. In- en lynteling kom dus dikwels voor om vinnig diere met uitmuntende karkaseienskappe en 'n goeie voeromsettingsverhouding te teel.

Dié beertjies is glad nie verwant aan die F1-soggies wat uit die moederlyn geproduseer word nie, wat verseker dat kommersiële telers die bere met gerustheid in hul kuddes kan gebruik.

Hy hou die beste soggies uit die terminale lyn vir vervangingsdiere in sy terminale lyn, maar die meeste word geslag. Die bere word streng gekeur sodat net uitstekende diere aan kommersiële telers gelewer word. Dié bere staan bekend as die Meat Masters.

Die dubbeldoeldiere word nie doelbewus geteel nie, maar het ontstaan uit kruisings wat hy aanvanklik met diere uit die moederlyn en terminale lyn gekruis het.

Deesdae word die sôe in dié lyn gebruik in 'n siftingsproses van nuwe semen en bere sodat hulle sinvol geëvalueer kan word sonder om skade aan die produksie van die ander twee lyne aan te rig as sekere parings nie werk nie.

Die sôe in dié lyn is gemiddelde diere wat almal goed presteer, maar nie uitstaande is nie. Ál die bere wat in dié lyn aankom, word geslag. Dit gebeur soms dat van dié sôe in sekere parings beter presteer as hul eweknieë in die ander twee lyne. Sulke diere word dan na die suiwer lyne teruggeneem en só ontstaan nuwe bloedlyne in die moeder- of terminale lyn.

Wanneer nuwe bloedlyne (semen of bere) getoets word, word sôe van die dubbeldoellyn uitgesoek soortgelyk aan die tipe sôe van die lyn waar die semen of beer waarskynlik aangewend gaan word.

Die nageslag van dié paring moet dan beter presteer as die nageslag van sy eie bere voordat hy die semen of die beer op groot skaal sal gebruik.

Sowat 15 % van die nageslag van die dubbeldoelsôe word vir vervanging gehou en die res word met Landrasbere gekruis om F1-soggies vir kommersiële boere te produseer.

As gevolg van die verbruikersvraag na maerder vleis het baie telers hul teelsôe ál maerder begin maak om te verseker hulle produseer slagvarke wat ook maerder is.

Dry het egter sy boerdery met betreklik vet sôe begin en dit só gehou omdat hy glo té maer is ook nie goed nie. Afgesien dat die smaak en sappigheid van die vleis daaronder ly, het dit ander ernstiger gevolge.

Met BLUP-teelwaardes is dit baie maklik om maerder sôe te teel, maar dan boet 'n mens gewoonlik melkproduksie (groei) in. Voorts hanteer die varke klimaatskommelings moeiliker en kry hul kleintjies makliker siektes. Daarby wil dit voorkom asof maerder sôe meermale die stresgeen dra as hul vetter susters.

Dry se teelsôe, veral in sy moederlyn, het 'n P2-meting van 14 mm tot 16 mm wanneer hul 90 kg weeg. Sulke diere het 'n baie goeie aptyt sodat hulle genoeg vreet om goed te produseer. Hulle het syns insiens 'n beter beenstruktuur en kry minder lêsere as die maerder sôe.

Met 'n vetter sog en 'n maer beer kan 'n mens in elk geval nog slagvarkies produseer wat 'n uitstekende gradering behaal.

In sy moederlyn is die gemiddelde werpselgrootte 11,7 lewend gebore kleintjies met 'n jongingstempo van 2,38 werpsels per jaar. Dit beteken dat elke sog gemiddeld sowat 27 kleintjies per jaar produseer, waarvan gemiddeld sowat 24 gespeen word.

'n Spesifieke voedingsprogram word nougeset gevolg. Vandat die kleintjies gespeen is, bly die sog op 'n laktasie-rantsoen van 3 kg per dag in twee porsies totdat sy sowat vier dae later gedek is.

Daarna kry sy 'n sog-en-beervoermengsel teen 2 kg per dag wat soggens gegee word. Teen sowat die tagtigste dag van dragtigheid verhoog Dry die rantsoen tot 2,5 kg per sog.

Sowat 10 dae voordat die sog moet jong, word die rantsoen met 2 kg laktasie-meel vervang. Sodra sy in die jonghuis ingaan, word die laktasie-meelrantsoen tot 1,8 kg per dag verminder.

Die rede hiervoor is dat mielies 'n groot deel van die rantsoen uitmaak. Die stysel word omgeskakel in suiker en met 'n té hoë rantsoen word die kleintjies met "suikersiekte" gebore wat hulle swak laat suip. Hulle kry dan te min biesmelk in om hul immuniteit op te bou.

Sodra die sog gejong het en weer begin vreet, word die laktasie-rantsoen tot 2 kg opgeskuif. Daarby word nog 0,5 kg vir elke kleintjie in die werpsel by die sog se rantsoen gevoeg. Die rantsoen word in vier porsies per dag gegee.

Teen sowat die tiende dag word die sog en haar kleintjies na groter hokke geskuif. Daar het sy vrye toegang tot 'n laktasie-rantsoen. Die sôe vreet dan hoogstens 8 kg per dag.

Van die tiende dag af kry die kleintjies kruipvoeding teen sowat 250 gram per werpsel per dag. Van tien dae voor speentyd af word dit vermeerder tot soveel as wat die klein varkies per dag opvreet.

Die varkies word op 28 dae gespeen en op ongeveer 120 dae bemark, wanneer hulle sowat 70 kg weeg en ongeveer 53 kg uitslag.

Om die prestasiesyfers van die nageslag van sy lyn akkurater te kry, het Dry 'n speenhuis gebou waarin die gespeende varke in streng beheerde klimaats- en higiëniese toestande grootgemaak word om die buite-invloede op hul prestasie uit te skakel.

Altesame 890 varke is al in die speenhuis grootgemaak en nog net een, wat waarskynlik siek daar ingegaan het, het gevrek.

Die temperatuur en vogtigheid in die speenhuis word outomaties beheer en stelselmatig deur 'n rekenaar afgebring - van 28 °C wanneer die speenvarkies daar ingaan, tot sowat 19 °C net voordat hulle op 'n ouderdom van 70 dae uitkom.

Wanneer hulle daar uitkom, is die varke baie lewendig, gesond en só sterk dat siektes nie 'n vatkans aan hulle kry nie, sê Dry.

Wat is Pig BLUP?

Pig BLUP is 'n kragtige rekenaarprogram wat gebruik word by die genetiese evaluering van varke, sê dr. Danie Visser van die Landbounavorsingsraad se Instituut vir Diereverbetering (Irene, Pretoria). Dit word hoofsaaklik gebruik om dié diere te identifiseer wat die beste genetiese meriete in teelprogramme het.

Volgens die Franse genetikus dr. Pierre Olivier is die voordeel van BLUP vergeleke met individuele seleksie sowat 20% beter vir die meeste produksie-eienskappe.

Visser sê die krag van BLUP lê daarin opgesluit dat dit:

  • Inligting gebruik van alle metings wat gedoen word.

  • Inligting gebruik van elke dier in die lyn wat verwant en onverwant is.

  • Alle inligting van alle diere gebruik (gewoonlik vir 'n tydperk van 10 jaar).

  • Beraamde teelwaardes bepaal (die genetiese potensiaal van 'n dier as ouer).

  • Gebruik word vir die berekening van die fisieke prestasiegegewens van 'n dier, opgedeel in genetiese, omgewings- en ander invloede.

    Om BLUP geslaag in 'n teellyn te gebruik, moet 'n mens weet wat die tekortkominge in die kudde is.

    In die tabel is 'n voorbeeld van die BLUP-syfers van 'n beer in die PIG GEN KI-stasie.

    Daarvolgens het die beer van geboorte af tot op 90 kg lewende gewig as gevolg van sy genetiese eienskappe 35 gram per dag beter gepresteer as die diere in die basisjaar.

    Gedurende toetsing (27 kg tot 90 kg) het die beer danksy sy genetiese eienskappe 46 gram per dag beter gepresteer as die diere in die basisjaar.

    Danksy sy genetiese eienskappe is dié dier 2,5 mm maerder, die 21 dae-gewig (melkproduksie) van sy dogters is 0,59 kg beter en sy voeromsettingsverhouding istwee eenhede beter as dié van die diere in die basisjaar.

    'n Boer kan danksy die beer se genetiese eienskappe 'n halwe varkie meer per werpsel verwag. Dié beer se nageslag sal ook 'n verskil van R58 per werpsel maak vergeleke met die varke in die basisjaar.

    Visser sê 'n mens moet begin deur na die randwaarde-indeks te kyk. Hoe hoër dit is, hoe beter is die dier.

    15 Julie 2005

  • Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
    Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
    Teken in
    heading
    description
    username
    Wys Kommentaar ()
    Landbou Veilings

    Landbou Veilings bied 'n geleentheid aan boere én veilingskliënte om veilings te bemark en te soek na inligting oor omliggende veilings.

    Lees hier
    Smalls

    Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

    Sien meer
    Rand - Dollar
    19.72
    -0.2%
    Rand - Pond
    24.54
    -0.4%
    Rand - Euro
    21.08
    +0.2%
    Rand - Aus dollar
    12.82
    +0.0%
    Rand - Jen
    0.14
    -0.5%
    Platinum
    996.14
    -1.7%
    Palladium
    1,366.08
    -2.8%
    Goud
    1,962.88
    +0.2%
    Silwer
    23.52
    +1.4%
    Brent-ruolie
    73.54
    -4.8%
    Top-40
    69,998
    -1.3%
    Alle aandele
    75,068
    -1.2%
    Hulpbronne 10
    67,512
    +0.7%
    Industriële 25
    102,774
    -2.9%
    Finansiële 15
    14,415
    +0.4%
    Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
    Besoek ons winkel!

    Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

    Besoek LBW-winkel
    Opsitkers
    Anti-gold digger !!!!
    Rustig, ROOK nie, drink met geleentyd, en GEEN JOLLER. Werk vir myself(koop motors). Hou van Reis. Lyk en voel nie 51 nie, en nog baie aktief !!!
    Kom ons skryf ons eie Roman
    Ek is sag geaard baie liefde vol Goeie hart Hou nie van baklei nie Hou van tyd weg van huis af Hou van uit eet en lekker dans My familie en Kinders is my lewe
    Vind jou perfekte maat nou!
    Ek is 'n:
    Op soek na:
    Ouderdomsgroep: tot