Meer as drie dekades se intensiewe bestuursinligting van ’n Jersey- stoetkudde was die grondslag vir dié veemeester se vinnige opgang in die vleisbeesbedryf.
Mnr. Daan Viljoen, wenner van SA Stamboek en Vleissentraal se Vleisbeeskudde van die Jaar vir 2022, se hartstogtelike liefde vir sy beeste en hul vrugbaarheid kenmerk sy uitsonderlike Gelibar-Bonsmaras op die familieplase Loskop en Kroonspruit by Clarens in die Vrystaat.
Nog ’n ononderhandelbare vereiste is akkurate kuddedata deur die toepassing van produksie-aantekening en die teel van poenskop-Bonsmara-bulle vir verhoogde kommersiële speenkalfproduksie.