Daarom het AJ ’n paar jaar gelede sy eie vryloophoenders begin aanhou. Toe sy vriende nie genoeg van die vleis kon kry nie, het dit in die Hanskraal Free Range-onderneming ontwikkel.
My vrou, Elmien, het gelees oor antibiotika en groeistimulante in veevoer en dis waar dit vir ons begin het. Ek het sowat 50 kuikens gekoop, grootgemaak en met ’n klomp moeite geslag.
Wanneer ons te veel gehad het, het ek vir vriende daarvan gegee, wat toe ál meer wou hê. Só het die besigheid gegroei. Ons slagkwota is nou 250 hoenders per dag.