Ons plaas, Juriesfontein, is sowat 70 km van Beaufort-Wes en Murraysburg geleë. Ons boer hoofsaaklik met kleinvee en wild, maar in 2005 het ek besef daar is ’n groot vraag na vars plaasprodukte van gehalte. Daar was ook omtrent vyf vroue op die plaas sonder ’n inkomste.
Ek het vroeër ’n suksesvolle hoender-onderneming in die distrik Graaff-Reinet gehad, en het aan iets soortgelyks begin dink.
Ek het ’n hoenderhok gebou wat 1 000 hoenders huisves en ’n gebou op die plaas as ’n landelike deursetslaghuis omskep en geregistreer. Ons behartig dus die hele waardeketting en produseer ’n verskeidenheid hoendervleisprodukte.