Dit is ’n skaap wat in alle omstandighede aanpas. Die ras is hoogs vrugbaar en dra goeie wol.
Ek glo my skape se vleis is die lekkerste omdat hulle in gemengde veld loop wat uit gras en bossies bestaan. Dit is nie so kwaai gekrui nie, maar steeds geurig. Die geur sit natuurlik in die vet en Dohne-Merino’s se marmering is baie goed.
Op party plekke het boere vir vyf tot sewe jaar droogte ervaar. Ons het nou goed reën gekry, maar dit reën ongelukkig nie geld nie. Baie boere het nou kontantvloeiprobleme, want hulle moet weer vestig en middele soos kunsmis en brandstof koop.