Ons boer tans met 2 200 sôe. Ons gebruik Topig-teelmateriaal, want ons is baie tevrede met hoe die sôe voortplant en die spekvarke se groeivermoë.
Dit is 115 dae, oftewel drie maande, drie weke en drie dae. Die sôe speen gemiddeld 12,4 varkies vir elke werpsel. Elke sog het 2,4 werpsels per jaar, wat beteken elkeen speen sowat 29 varkies per jaar.
Ons skoongemaakte karkasse weeg gemiddeld 88 kg wanneer dit op sowat 22 weke oud bemark word. Ons wil eerder ’n laekosteprodusent van varkvleis wees as om goeie bemarkers te wees. Dis waar ons klem lê.