Mnr. Willem Scholtz is ’n vierdegenerasie-Hereford-boer.
Sy oupa mnr. Eddie Scholtz het in die 1980’s met Herefords geboer, en sedertdien het die Zuikerkop-boerdery uitgebrei na ’n stoetery by Clocolan, Vrystaat (hierbo), en ’n kommersiële boerdery by Kimberley in die Noord-Kaap.
Vir Scholtz is dié vleisbeesras se beste eienskap hul goeie temperament. “Dit maak alles maklik, van die merk van die kalfies met geboorte vir ons rekords tot die behandeling van ’n siek bees ver in die veld.”