AFGRI
BEAN
02 Des
-
9382
17,00
CORN
02 Des
-
4580
30,00
SOYA
02 Des
-
10555
137,00
SUNS
02 Des
-
10929
-101,00
WEAT
02 Des
-
6835
-42,00
WMAZ
02 Des
-
5080
-47,00
YMAZ
02 Des
-
4935
-24,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
18 Nov
-
159,48
-1,95
Ave Wool - RWS
18 Nov
-
164,49
-0,59
Beeste A2/3
18 Nov
-
60,09
0,35
Beeste AB2/3
18 Nov
-
56,25
0,33
Beeste B2/3
18 Nov
-
52,95
1,01
Beeste C2/3
18 Nov
-
48,85
-0,26
Bevrore Hoender
18 Nov
-
32,06
-0,24
Bokkies (onder 30 kg)
18 Nov
-
63
3,43
Bokooie
18 Nov
-
39
-3,28
Groot (meer as 40 kg)
18 Nov
-
44,26
0,39
Hoender (IQF)
18 Nov
-
31,5
0,00
Medium (30-40kg)
18 Nov
-
54,61
-5,70
Pork Average
18 Nov
-
36,05
-0,10
Poultry Average
18 Nov
-
32,36
-0,15
Skaap A2/3
18 Nov
-
90,45
-1,54
Skaap AB2/3
18 Nov
-
75,52
-1,96
Skaap B2/3
18 Nov
-
74,2
-0,26
Skaap C2/3
18 Nov
-
70,7
0,53
Speenkalf
18 Nov
-
37,1
0,21
Spekvarke
18 Nov
-
35,44
-0,81
Stoorlammers
18 Nov
-
39,82
-0,87
Varkwors
18 Nov
-
27,86
-0,60
Vars Hoender
18 Nov
-
33,54
-0,19
Vleisvarke
18 Nov
-
35,95
-0,07

Stamboek vereer beste melkkuddes

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Die trofee vir die nasionale suiwelwenner wat in Mei 2023 in Bloemfontein toegeken word. Foto: Japie van der Westhuizen
Die trofee vir die nasionale suiwelwenner wat in Mei 2023 in Bloemfontein toegeken word. Foto: Japie van der Westhuizen
Suid-Afrika se beste vleisbees- en kleinveekuddes, asook dié kategorieë se afsonderlike streekwenners is deur SA Stamboek op afsonderlike virtuele geleenthede bekend gemaak.

Die nasionale wenners sal in Mei 2023 op Stamboek se Elite-galageleentheid aangewys word. Ses melkkuddes het ook onder meer Logix-toekennings as die beste in die land ontvang.

Logix-Elite-toekennings

Die beste ses melkkuddes, wat op rasgrondslag asook bestuursgroep-vlak vergelyk is, het elk ’n platinum eerbewys verwerf en dring deur na die finale ronde. Die platinum wenners is:

  • Mnr. A.J. Schoonwinkel (Kluitjieskraal, Wes-Kaap). Dié Jersey-kudde behoort aan mnr. Jan Schoonwinkel en sy seuns, Arno en Jaco (Swellendam).
  • EDE Farming van mnr. Miles Stead, met kuddebestuurder mnr. Poena van Niekerk (Holstein, Middelburg, Mpumalanga).
  • Mnr. Hannes Neethling en sy seun Neels (Holstein, Rayton).
  • Limpopo-melkery van mnr. Joubert Fourie, sy pa, Tobie, en broer Tobias. Joubert se seun, AJ, bestuur die Holsteins by Louis Trichardt.
  • C.E. Walker & Seun. Mnr. John Walker en sy seun Christoff bedryf sy Jersey-kudde (Greyton, Wes-Kaap).
  • Mnr. Leon Thom (Jerseys, Gravelotte, Limpopo).

Goue sertifikate

Agt goue sertifikate is oorhandig aan mnre. Hennie Uys van die Landbouskool Oakdale (Jersey, Suid-Kaap), Billy Hall (Holstein, Heidelberg, Gauteng), Christo Klingenberg (Jersey, Piet Retief, KwaZulu-Natal), Janvos-landgoed van mnr. Jan Grey (Holstein, Davel). In die Wes-Kaap was die ontvangers mnre. Rob Slater (Jersey, Philadelphia), Deon Malherbe (Eselfontein-Jersey, Ceres), die Dalewood-Jerseys van Rob Visser (Klapmuts) en Numon-Jerseys van Abrie Jordaan (Montagu).

Altesaam 39 brons en 21 silwer toekennings is ook gemaak.

Ander eerbewyse

Genetiese voortreflikheid: Wes-Kaap:

  • Beste doeltreffendheidsindeks: Mnre. Koos en Philip Blanckenberg (Holstein, Klipheuwel, Durbanville) en Jan Schoonwinkel (Jersey, Kluitjieskraal, Swellendam).
  • Beste genetiese somatiese seltelling: Mnre. Koos en Philip Blanckenberg (Holstein, Klipheuwel, Durbanville) en John Walker (Jersey, Greyton).
  • Beste genetiese kalfinterval: Mnr. Jan Wessels (Ayrshire, Napier), die Voorberg-gevangenis (Holstein, Porterville) en Nuwedam-Jerseys van mnr. Hadré Pratt (Baardskeerdersbos).
  • Beste genetiese kuddelewe: Mnre. Jan Wessels (Ayrshire, Napier), Rikus van Wyk (Tierkloof-Jerseys, Piketberg) en Philip Blanckenbeg (Holstein, Klipheuwel).
  • Genetiese voortreflikheid: Vrystaat:
  • Beste doeltreffendheidsindeks: Mnre. Johan en Tattie Schoeman (LMJC-Holstein, Bothaville) en Cobus Behrens en sy vrou, Ronel (Waterbron-Jerseys, Ventersburg).
  • Beste genetiese somatiese seltelling: Mnre. Anton Homsek (Ayrshire, Bloemfontein) en Cobus Behrens en sy vrou, Ronel (Waterbron-Jerseys, Ventersburg).
  • Beste genetiese kalfinterval: Mnre. Johan en Tattie Schoeman (LMJC-Jerseys, Bothaville).
  • Beste genetiese kuddelewe: Mnr. Cobus Behrens en sy vrou, Ronel (Waterbron-Jerseys, Ventersburg).

Genetiese voortreflikheid: Oos-Kaap:

  • Beste doeltreffendheidsindeks, asook die beste genetiese somatiese seltelling: Mnre. Brett en Grant Puttergill (Holstein, Tsitsikamma) en Marius Meyer (Jersey, Mosselbaai).
  • Beste genetiese kalfinterval: Rosenhof-boerdery van mnr. Jacobus en me. Maizie Vermaak (Holstein en Jersey, Oesterbaai).
  • Beste genetiese kuddelewe: Mnre. Brett en Grant Puttergill (Holstein en Jersey, Tsitsikamma).
  • Genetiese voortreflikheid: Suid-Kaap:
  • Beste doeltreffendheidsindeks: Mnr. Christie van Greunen (Bossie Alleen, Holstein, George) en die Diereproduksie-navorsingstrust (Jersey, George).
  • Beste genetiese somatiese seltelling: Mnr. Christie van Greunen (Werda, Holstein, George) en die Diereproduksie-navorsingstrust (Jersey, George).
  • Beste genetiese kalfinterval: Mnre. Christie van Greunen (Werda, Holstein, George) en Allfie Louw (Schoeman en Louw, Jersey, George).
  • Beste genetiese kuddelewe: Mnr. Christie van Greunen (Werda, Holstein, George) en Landbouskool Oakdale (Jersey, Riversdal).

Genetiese voortreflikheid: Noord:

  • Beste doeltreffendheidsindeks: Limpopo-melkery (Holstein, Louis Trichardt) en mnr. Pete Durham (Glynton-Jerseys, Dundee)
  • Beste genetiese somatiese seltelling: Janvos-landgoed (Holstein, Davel), en mnr. Leon Thom (Jersey, Gravelotte).
  • Beste genetiese kalfinterval: Mnr. T.N. Colby (Holstein en Jersey, Deneysville).

Beste genetiese kuddelewe: Janvos-landgoed (Holstein, Davel) en mnr. Christo Klingenberg (Jersey, Piet Retief).

Laai die Landbou.com-app af en lees jou landbounuus direk op die app. Dié app is beskikbaar in die Apple-, Android- en Huawei-winkels.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.60
-0.3%
Rand - Pond
21.60
-0.5%
Rand - Euro
18.52
-0.3%
Rand - Aus dollar
11.99
-0.4%
Rand - Jen
0.13
-0.9%
Goud
1,799.10
-0.2%
Silwer
22.72
-0.2%
Palladium
1,924.95
-1.0%
Platinum
1,040.00
-0.4%
Brent-ruolie
86.88
-0.1%
Top-40
68,204
-1.0%
Alle aandele
74,215
-1.1%
Hulpbronne 10
74,620
-1.8%
Industriële 25
91,718
-0.5%
Finansiële 15
15,154
-0.8%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
See,Bosveld en Kamp
My geloof is vir my baie belangrik, is spontaan, het ñ goeie sin vir humor. Reik uit na mede gelowiges en minder bevoorregtes. Ek is ñ baie liefdevolle persoon.
Watter land volgende?
I am successful in business and love what I do. Looking for that special someone to share the sunsets with!
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot