
Die wêreldkampioenkoei is ’n Droughtmaster (foto bo), Top Miss Magnificent 19-0153, wat deur die On Top Droughtmaster-stoetery van mnr. Johann Pretorius ingeskryf is en onlangs aan mnr. Rudi Lemcke van Ghanzi, Botswana, verkoop is.
Die wêreldkampioenbulle is:
Droughtmaster. Denver H 18-0011 wat aan Hurwitz Farming van Davel behoort.
Limousin. Xourel Italia 16-38, geteel deur Xourel Limousins, Lichtenburg, ingeskryf deur Devlan Limousins, Heidelberg, en besit deur mnr. Dennis Magagane McAllister en me. Daphne Nkosi, Lareina Limousins, Edenville, Vrystaat.
Simbra. Brasim Quagga WWL 18-120, eiendom van RVB Simbras, Boshof, en geteel deur die Brasim Simbra-stoetery, Merafong City.
Simmentaler. Milagro Reactor ACM18-7 is geteel deur mnr. Andrew Masterson van die Milagro-stoetery by Oesterbaai in die Oos-Kaap. Reactor is op die nasionale Simmentaler-kampioenskap in April 2022 op Lichtenburg as die grootkampioenbul aangewys. Hy is op die nasionale Simmentaler-veiling aan dr. Obakeng Mfikwe van Lichtenburg verkoop.
Verhuis na Amerika
Budler het in Desember 2012 van Johannesburg na Texas in Amerika verhuis en spits hom toe op die beoordeling van beeste op skoue reg oor die wêreld. Skouwenners kom vir die kompetisie in aanmerking, terwyl ander telers ook beeste kan inskryf. Die beoordeling geskied op grond van foto’s van die beeste.
Deelnemers word eers in elk van vier streke beoordeel, naamlik Asië en Afrika (wat Australië en Nieu-Seeland insluit), Suid-Amerika, Noord-Amerika en Europa. Die beeste in elke streek ding teen mekaar mee. Bulle en koeie neem afsonderlik deel.
Die wenners, wat deur onafhanklike beoordelaars aangewys word, dring dan na die wêreldkampioenskappe deur.
Om die kroon te span, word ’n opperste wêreldkampioen uit die verskillende ras-wêreldkampioene aangewys.
Inskrywings is vanjaar ook vanaf Namibië, Botswana, Zimbabwe, Zambië en Kenia ontvang.
Laai die Landbou.com-app af en lees jou landbounuus direk op die app. Dié app is beskikbaar in die Apple-, Android- en Huawei-winkels.