AFGRI
BEAN
07 Feb
-
9885
16,00
CORN
07 Feb
-
4639
28,00
SOYA
07 Feb
-
8750
-38,00
SUNS
07 Feb
-
10130
-10,00
WEAT
07 Feb
-
6814
47,00
WMAZ
07 Feb
-
4289
-22,00
YMAZ
07 Feb
-
4425
-19,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
27 Jan
-
173,81
-3,89
Ave Wool - RWS
27 Jan
-
189,08
-2,38
Beeste A2/3
27 Jan
-
56,35
-0,03
Beeste AB2/3
27 Jan
-
54,84
0,37
Beeste B2/3
27 Jan
-
52,6
0,97
Beeste C2/3
27 Jan
-
51,89
2,33
Bevrore Hoender
27 Jan
-
34,13
0,07
Bokkies (onder 30 kg)
27 Jan
-
64,42
3,65
Bokooie
27 Jan
-
42,56
5,65
Groot (meer as 40 kg)
27 Jan
-
44,53
13,49
Hoender (IQF)
27 Jan
-
32,16
0,07
Medium (30-40kg)
27 Jan
-
55,48
8,33
Pork Average
27 Jan
-
36,34
0,63
Poultry Average
27 Jan
-
33,37
0,02
Skaap A2/3
27 Jan
-
84,06
-1,32
Skaap AB2/3
27 Jan
-
83,25
7,84
Skaap B2/3
27 Jan
-
69,31
3,51
Skaap C2/3
27 Jan
-
64,52
-3,23
Speenkalf
27 Jan
-
36,72
1,00
Spekvarke
27 Jan
-
36,59
-0,22
Stoorlammers
27 Jan
-
38,46
-0,54
Varkwors
27 Jan
-
29,16
0,28
Vars Hoender
27 Jan
-
33,83
-0,09
Vleisvarke
27 Jan
-
36,3
0,71

Teling verkort onproduktiewe tydperk by volstruise

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: Anel Engelbrecht
Foto: Anel Engelbrecht
Jong broeivolstruise kan ’n volle seisoen vroeër begin produseer as wat algemeen aanvaar word, blyk uit studies by die Oudtshoorn-navorsingsplaas van die Wes-Kaapse departement van landbou.

Tradisioneel word geglo dat volstruise eers van driejarige ouderdom af kan begin produseer. Gevolglik word broeivolstruise eers in hul derde seisoen ná uitbroei in broeikuddes ingesluit. In die praktyk beteken dit dat hulle drie jaar lank gevoer moet word voordat hulle enige produksie lewer.

Op die Oudtshoorn-navorsingsplaas word jong broeivolstruise egter al in hul tweede seisoen ná uitbroei (dus selfs voor tweejarige ouderdom) ingesluit in die teeltkudde – en dit lewer goeie produksie.

Dit is waarskynlik te danke aan die genetiese vordering wat gemaak is sedert die beginjare van die navorsingsplaas se volstruiskudde in 1967. Die kudde is destyds begin met volstruise van 18 verskillende plase wat deur plaaslike boere spesifiek vir navorsingsdoeleindes geskenk is.

Weens die groot genetiese variasie tussen individuele volstruise is dit moontlik om met seleksie genetiese vordering te maak. Hiervoor is die byhou van volledige rekords broodnodig.

Broeivolstruise word daarom op die navorsingsplaas in pare in afsonderlike kampe gehou, sodat elke volstruis se produksie bepaal kan word. Die volstruise, broeikampe, eiers en kuikens word gemerk sodat elke kuiken se ouerskap bepaal kan word. Dit maak seleksie van die jong volstruise op grond van hul familie se prestasie moontlik.

Genetiese seleksie word reeds sedert die 1990’s gedoen op grond van teeltwaardes vir reproduksie (eier- en kuikenproduksie) en gewig. Deesdae word die afwesigheid van haarfollikels ook as ’n seleksiemaatstaf gebruik.

Danksy die seleksieprogram het jong wyfies se produksie sodanig verbeter dat twee jaar oue wyfies nou ’n gemiddelde eierproduksie van 26,9 lewer.

Die aantal kuikens per wyfie is egter hoër (12,6 teenoor 5,6 kuikens) wanneer hulle eerder met ouer as twee jaar oue mannetjies afgepaar word. Belangrik is egter dat die twee jaar oue mannetjies wel in staat is om eiers te bevrug.

Die ouderdom waarteen wyfies begin eiers lê, het met verloop van tyd verbeter tot gemiddeld 674 dae. Dis ongeveer 22 maande – nog nie eens twee jaar oud nie.

Dit is waarskynlik ’n regstreekse gevolg van die genetiese seleksie vir verhoogde produksie wat by die navorsingsplaas gedoen word.

Genetiese vordering en die gebruik van goeie teeltmateriaal kan dus ’n wesenlike bydrae lewer om produksiekoste te verlaag, omdat dit die onproduktiewe tydperk van broeivoëls verkort. Die hoër produksie (meer eiers en kuikens) danksy goeie teeltmateriaal verhoog doeltreffendheid en verlaag eenheidskoste.

Die beste wyfie in die navorsingskudde gedurende 2021 was juis ’n twee jaar oue wyfie wat 99 eiers en 56 kuikens gelewer het in ’n broeiseisoen van 214 dae. Dit wys dat volstruise potensieel elke tweede dag ’n eier kan produseer.

Die bedryfsgemiddelde is egter nog baie ver hiervandaan, hoofsaaklik omdat seleksie en rekordhouding binne die tropstelsel baie moeilik is.

Die ouderdom van broeivolstruise moet ook oorweeg word, omdat produksie en vrugbaarheid afneem met ouderdom. Dis daarom belangrik om gereeld die oudste broeivolstruise uit te skot en te vervang met jong broeivolstruise.

’n Korter generasie-interval is ook voordelig as verbeterde teeltmateriaal beskikbaar is. Die geslagsverhouding binne troppe is ook belangrik, omdat ’n te hoë verhouding van mannetjies tot wyfies baie aggressie en territoriale gedrag tot gevolg kan hê. Dit kan inmeng met normale broeigedrag.

Navorsing het gewys dat een mannetjie met gemak vier wyfies suksesvol kan paar in ’n kleinkampie-stelsel. Produsente moet dus daarteen waak om onnodig koste aan te gaan deur te veel mannetjies te voer pleks van om produktiewe wyfies aan te hou wat ’n inkomste kan lewer.

NAVRAE: Dr. Anel Engelbrecht, Oudtshoorn-navorsingsplaas, Wes-Kaapse departement van landbou, e-pos: AnelE@elsenburg.com

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.61
+0.3%
Rand - Pond
21.11
+0.6%
Rand - Euro
18.85
+0.5%
Rand - Aus dollar
12.18
-0.2%
Rand - Jen
0.13
-0.8%
Platinum
975.86
+0.2%
Palladium
1,648.52
+3.1%
Goud
1,869.23
+0.1%
Silwer
22.10
-0.8%
Brent-ruolie
80.99
+1.3%
Top-40
73,434
-0.1%
Alle aandele
79,534
-0.1%
Hulpbronne 10
74,594
+0.7%
Industriële 25
102,656
-0.5%
Finansiële 15
16,333
-0.3%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Soek n maat
Dis nie maklik om oor jou self teskryf nie , maar hier gaan ons ! Ek is opreg en kan vertrou word , hou glad nie van om eimand seer temaak of mislei nie , ek is ook ma net n...
Baie "Humble" wil gelukkig wees
Ek is gelukkig in myself, het al baie hartseer beleef. Ek is baie self versekererd hou van mense. Ek is liefdevol, en gee altyd net my beste, ek gee om, help altyd waar ek kan....
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot