Dit ly geen twyfel nie dat die gedagte om van horings by vee ontslae te raak, besig is om in alle veeteeltlande, waaronder Suid-Afrika, vinnig veld te wen.
Daar is selfs Afrikaner-beesboere wat meen die tyd het aangebreek dat die horings, wat tot dusver die trots van elke teler was, nou moet verdwyn, aangesien dit eintlik geen nut meer het noudat beeste al hoe minder as trekdiere gebruik word nie. In die huidige metode van onthoorning het die meeste boere teensin.
Die enigste ander uitweg is om beeste raseg poenskop te teel. “Solank as wat lande soos Engeland, Skotland, Nederland en Frankryk stoetvee wil uitvoer, sal dit wenslik wees om ’n studie te maak van wat die invoerders eintlik wil hê.