Die hedendaagse boer moet alle wetenskaplike hulpmiddels tot sy beskikking gebruik en elke boerderyvertakking tot in die fynste besonderhede beplan, skryf Vierentia Beukes.
Die boerdery van mnr. en me. K. Janovsky van Hennopsrivier naby Pretoria is ’n goeie voorbeeld van die welslae wat iemand kan behaal wanneer streng wetenskaplik geboer word.