Die Suid-Afrikaanse wolboer soek na ’n skaap met wol soos dié van die Merino, maar wat terselfdertyd ook goeie vleis- eienskappe het. So ’n skaap bestaan moontlik reeds in die Republiek — die ras is miskien nog net nie so goed bekend nie.
Die afgelope paar jaar heers daar ’n mate van onsekerheid by die Suid-Afrikaanse wolboer. Wolpryse het gedaal en meteens voldoen die Merino, ’n skaap wat jare lank met wol gepak is, nie meer ten volle aan die vereistes van die ekonomie nie.
’n Mens hoor dikwels die bewering dat daar, terwyl die wolpryse so hoog was, nie genoeg aandag aan die grootte en bouvorm, vrugbaarheid en melkproduksie van die Merino gegee is nie. Kruisteling het al hoe meer begin kop uitsteek, en elke dag waarsku landbouleiers dat onoordeelkundige kruising vermy moet word.