AFGRI
BEAN
26 Sep
-
9510
0,00
CORN
26 Sep
-
4809
0,00
SOYA
26 Sep
-
9306
0,00
SUNS
26 Sep
-
10108
0,00
WEAT
26 Sep
-
6960
0,00
WMAZ
26 Sep
-
4790
0,00
YMAZ
26 Sep
-
4709
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
0,00
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
0,00
Beeste A2/3
16 Sep
-
60,68
-0,67
Beeste AB2/3
16 Sep
-
56,6
-0,92
Beeste B2/3
16 Sep
-
52,85
-1,51
Beeste C2/3
16 Sep
-
50,84
1,51
Bevrore Hoender
16 Sep
-
31,02
-0,01
Bokkies (onder 30 kg)
16 Sep
-
75,48
18,07
Bokooie
16 Sep
-
45,78
3,28
Groot (meer as 40 kg)
16 Sep
-
44,01
5,77
Hoender (IQF)
16 Sep
-
30,23
0,48
Medium (30-40kg)
16 Sep
-
53,08
10,03
Pork Average
16 Sep
-
27,22
-0,34
Poultry Average
16 Sep
-
31,03
-0,15
Skaap A2/3
16 Sep
-
95,57
2,81
Skaap AB2/3
16 Sep
-
86
2,91
Skaap B2/3
16 Sep
-
79,77
0,66
Skaap C2/3
16 Sep
-
75,06
0,47
Speenkalf
16 Sep
-
37,59
-0,66
Spekvarke
16 Sep
-
27,98
-0,75
Stoorlammers
16 Sep
-
43,3
0,38
Varkwors
16 Sep
-
22,4
-0,17
Vars Hoender
16 Sep
-
31,83
-0,92
Vleisvarke
16 Sep
-
27,17
-0,28

Toestelle ingespan om aasvoëls se vreetgewoontes te bestudeer

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: CapeNature
Foto: CapeNature
Nege bedreigde Kaapse aasvoëlkuikens by Potberg in die Wes-Kaapse De Hoop-natuurreservaat is met satelliet-opsporingstoestelle toegerus as deel van ’n langtermyn-moniteringsprogram om hul vreetgewoontes te bestudeer.

Mnr. Anton Bredell, Wes-Kaapse minister van plaaslike regering, omgewingsake en ontwikkelingsbeplanning, sê CapeNature en VulPro, wat betrokke is by die aasvoëlrehabilitasie en -navorsing, het die toestelle aangebring.

“Hierdie werk is nie vir papbroeke of onervare mense nie. Dit behels 80 m teen ’n hoë krans af abseil om by die aasvoëls se neste uit te kom en vas te stel of die kuikens groot genoeg is om die toestelle te dra, maar nie so groot is dat hulle die nes sal probeer verlaat terwyl hulle nie kan vlieg nie.”

Potberg huisves die enigste kolonie van hierdie bedreigde spesie in die Wes-Kaap. Die aasvoëls vreet op nabygeleë plase en hul oorlewing hang daarvan af dat boere versigtig moet wees met die gebruik van landbouchemikalieë en om skaapkarkasse eerder in die veld te los as om hulle te begrawe. Die aasvoëls verskaf ’n skoonmaakdiens deur karkasse skoon te vreet en die voedingstowwe daarin te herwin. Daardeur voorkom hulle die verspreiding van siektes.

Dié nuwe navorsing word gedoen om die impak van nuwe kraginfrastruktuur, onder meer windturbines, in die streek te bepaal aangesien aasvoëls in windturbines en kragdrade kan vasvlieg.

“Kaapse aasvoëls sweef oor groot gebiede op soek na kos. Hulle is baie groot en nie baie beweeglike vlieërs nie,” vertel Bredell. “Hulle het nie ’n wye uitsig nie en het blinde kolle in die rigting waarin hulle vlieg. VulPro sal belangrike inligting verskaf oor waar die aasvoëls gaan om te vreet en watter maatreëls ingestel moet word om botsings te voorkom.”

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.09
-0.7%
Rand - Pond
19.09
+1.5%
Rand - Euro
17.43
-0.4%
Rand - Aus dollar
11.75
-0.4%
Rand - Jen
0.13
-0.5%
Goud
1,636.85
-0.4%
Silwer
18.56
-1.7%
Palladium
2,089.50
+0.8%
Platinum
860.50
+0.2%
Brent-ruolie
86.15
-5.0%
Top-40
57,110
0.0%
Alle aandele
63,417
0.0%
Hulpbronne 10
56,319
0.0%
Industriële 25
78,436
0.0%
Finansiële 15
14,142
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Wat se jy, ek en jy loop die pad saam tot in Ewigheid.
Ag dis nie my keuse om vir iemand te seh hul moet my leer ken nie. Ek gaan nie eers my tyd mors nie, maar ek sal my tyd gee vir die wat my regtigwaar wil leer ken en n pad saam...
Dis tyd om te leef!!!!
Ek is reg om my beste maatjie te ontmoet. Ek het baie liefde om te gee vir die regte mens, ek is die vrou wat vir jou 'n sexy briefie in die sak van jou baadjie los om...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot