As die boer ’n geleentheid verbeur om een of meer sôe te laat bevrug, beteken dit hy moet drie weke wag tot hulle weer bronstig is. Dit kan tot inkomsteverlies en vermorste produksiepotensiaal lei.
Vetoquinol het BoarBetter ontwikkel sodat varkboere akkurater en makliker hul sôe vir bronstigheid kan toets. Dit is ’n gepatenteerde vloeibare mengsel van drie beerspesifieke feromone in aërosolvorm. Die boer spuit net 4 ml op ’n sog se snoet.
As sy in daardie stadium seksueel ontvanklik is, sal die feromone in BoarBetter haar stimuleer om styf te staan, bekend as staande hitte. Die varkboer weet dan sy kan dadelik gepaar of kunsmatig geïnsemineer word.