AFGRI
BEAN
19 Okt
-
6607
0,00
CORN
19 Okt
-
3076
-9,00
SOYA
19 Okt
-
7030
0,00
SUNS
19 Okt
-
10775
172,00
WEAT
19 Okt
-
5725
-17,00
WMAZ
19 Okt
-
3177
-23,00
YMAZ
19 Okt
-
3339
-17,00
AMT
Beeste A2/3
15 Okt
-
52,8
-0,02
Beeste AB2/3
15 Okt
-
51,31
-0,01
Beeste B2/3
15 Okt
-
48,96
-0,01
Beeste C2/3
15 Okt
-
45,22
-0,01
Bevrore Hoender
15 Okt
-
29,38
0,00
Bokkies (onder 30 kg)
15 Okt
-
70,93
-0,02
Bokooie
15 Okt
-
48,66
-0,06
Groot (meer as 40 kg)
15 Okt
-
45,81
-0,06
Hoender (IQF)
15 Okt
-
27,14
-0,01
Medium (30-40kg)
15 Okt
-
54,22
0,00
Skaap A2/3
15 Okt
-
83,02
0,03
Skaap AB2/3
15 Okt
-
76,42
0,01
Skaap B2/3
15 Okt
-
70,77
0,02
Skaap C2/3
15 Okt
-
66,17
0,04
Speenkalf
15 Okt
-
39,71
-0,04
Spekvarke
15 Okt
-
26,67
-0,01
Stoorlammers
15 Okt
-
44,17
0,02
Varkwors
15 Okt
-
22,08
-0,01
Vars Hoender
15 Okt
-
31,07
0,00
Vleisvarke
15 Okt
-
28,47
-0,01
Wol (skoon)
15 Okt
-
163,22
0,00

Varkbedryf ’n voorloper met kompartemente

akkreditasie
Foto: Liza Bohlmann
Foto: Liza Bohlmann
Altesame 70 000 sôe en hul nageslag word nou in geregistreerde kompartemente in Suid-Afrika aangehou.

Dr. Peter Evans, hoof van verbruikersversekering by die Suid-Afrikaanse Varkprodusente-organisasie (Savpo), sê in die organisasie se jongste jaarverslag dat 52 sog-eenhede op 23 Julie 2019 geregistreerde kompartemente was.

Van die eenhede is deel van multi-terreinstelsels en tesame met 47 speen- en/of groei-eenhede is daar nou 99 geregistreerde kompartemente. Sowat 61% van die totale getal sôe is deel van die kompartementstelsel.

Deelname aan die stelsel het die afgelope paar jaar geleidelik gegroei. In 2016 was daar byvoorbeeld op 31 Augustus 38 sog-eenhede en in totaal 77 eenhede geregistreer.

BEKAMPING VAN SIEKTES

Die internasionale organisasie vir dieregesondheid (OIE) keur die gebruik van ’n kompartementstelsel as ’n amptelike siektebekampingstelsel goed.Suid-Afrika se nasionale departement van landbou het die kompartementstelsel vir die varkbedryf in 2011 begin en volgens Evans bestuur die direktoraat van dieregesondheid dit doeltreffend, ondanks ’n gebrek aan personeel.

“Sover ons weet, is Suid-Afrika die eerste land wat ’n kompartementstelsel vir enige diersoort ingestel het. Die varkbedryf is hiermee ver voor ander veebedrywe,” sê Evans.

“Die volstruisbedryf gebruik ook nou ’n kompartementstelsel om sy uitvoerpogings te ondersteun en daar is sprake dat die voerkraalbedryf dit oorweeg. “Die grootste voordeel is dat boere met kompartemente varkvleis aan uitvoer-abattoirs kan bemark, maar terselfdertyd beskerm hulle hul boerderye ook teen siektes, omdat hulle die voorgeskrewe vereistes nakom,” sê Evans.

Slegs varkvleis van gekompartementaliseerde plase mag uitgevoer word en volgens Evans maak die staatsveearts wat uitvoerpermitte uitreik, hiervan seker.

As ’n siekte in Suid-Afrika uitbreek, kan uitvoer vanaf siektevrye kompartemente voortgaan mits die betrokke handelsvennoot hiertoe instem.

HEINING EN STORT

Vir ’n eenheid om as ’n kompartement geregistreer te kan word, moet dit ’n biosekerheidsomheining hê en die enigste toegang moet deur ’n stort wees. Die omheining en stort verg dus aanvangskoste, as dit nie reeds bestaan het nie.

’n Veearts moet die kompartement gereeld besoek, gewoonlik ses keer per jaar.Evans sê die private veearts onderneem met die kompartementaansoek dat hy ’n oog oor die siektesituasie op die plaas sal hou en die staatsveearts sal inlig as daar probleme is.

Die staatsveearts besoek die plaas dan een keer per jaar om te oudit dat die kompartementvereistes nagekom word, soos vereistes rakende toetsresultate, toegangsbeheer en siekte-ondersoeke.

Bloedmonsters word twee keer per jaar geneem en boere kan ’n gedeelte van die laboratoriumkoste van Savpo terugeis, sê Evans.

Ontvang die nuutste landbounuus en -raad in verskeie bedrywe - teken HIER in vir een van ons nuusbriewe. Volg ons op WhatsApp om daaglikse landbounuus op jou selfoon te ontvang.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
14.57
+0.7%
Rand - Pond
20.08
+0.2%
Rand - Euro
16.98
+0.3%
Rand - Aus dollar
10.88
-0.1%
Rand - Jen
0.13
+0.4%
Goud
1,781.66
+0.9%
Silwer
23.79
+2.4%
Palladium
2,082.50
+3.0%
Platinum
1,057.01
+1.6%
Brent-ruolie
84.33
-0.6%
Top-40
60,320
+0.4%
Alle aandele
66,912
+0.4%
Hulpbronne 10
64,002
+0.9%
Industriële 25
84,631
+0.3%
Finansiële 15
13,990
-0.4%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
1Korinthiers 13
Ek is glad nie jaloers of clingy nie, maar moenie my n rede glo nie die seding is as volg: as daar n romie is is daar n vuur, so as ek vernoed jy hou jou opsies oop sal ek...
Vrede begin met n glimlag
Ek is n ma en n ouma van 2 my grootste liefde, ek is n mense mens baie lief vir lek lag kuier met vriende en familie. Gee baie om vir my mede mens lief vir kos maak en dans is...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot