Verse, koeie, dooie kalwers of onbehandelde melk wat met brucellose besmet is, is ’n tydbom. Dit kan ’n mens se lewe drasties verander of totaal verwoes.
Brucellose, ook bekend as besmetlike misgeboorte (BM), is ’n kuddesiekte, want as een bees in ’n kudde positief toets, word die hele kudde as besmet beskou.
Dr. Faffa Malan, bestuurder van die Herkouerveterinêre Vereniging van Suid-Afrika (Ruvasa), sê die siekte word deur die bakterie Brucella abortus bovis veroorsaak.