AFGRI
BEAN
23 Sep
-
9590
0,00
CORN
23 Sep
-
4825
0,00
SOYA
23 Sep
-
9400
0,00
SUNS
23 Sep
-
10278
0,00
WEAT
23 Sep
-
6944
0,00
WMAZ
23 Sep
-
4799
0,00
YMAZ
23 Sep
-
4724
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
02 Sep
-
160,22
-6,09
Ave Wool - RWS
02 Sep
-
172,22
-2,54
Beeste A2/3
09 Sep
-
60,85
0,17
Beeste AB2/3
09 Sep
-
57,75
1,15
Beeste B2/3
09 Sep
-
54,25
1,40
Beeste C2/3
09 Sep
-
47,55
-3,29
Bevrore Hoender
09 Sep
-
30,74
-0,28
Bokkies (onder 30 kg)
09 Sep
-
69,19
-6,29
Bokooie
09 Sep
-
48,38
2,60
Groot (meer as 40 kg)
09 Sep
-
43,39
-0,62
Hoender (IQF)
09 Sep
-
29,41
-0,82
Medium (30-40kg)
09 Sep
-
58,81
5,73
Pork Average
09 Sep
-
27,04
-0,18
Poultry Average
09 Sep
-
30,52
-0,51
Skaap A2/3
09 Sep
-
97,84
2,27
Skaap AB2/3
09 Sep
-
86,98
0,98
Skaap B2/3
09 Sep
-
81,06
1,29
Skaap C2/3
09 Sep
-
76,61
1,55
Speenkalf
09 Sep
-
36,15
-1,44
Spekvarke
09 Sep
-
27,62
-0,36
Stoorlammers
09 Sep
-
44,2
0,90
Varkwors
09 Sep
-
22,17
-0,23
Vars Hoender
09 Sep
-
31,4
-0,43
Vleisvarke
09 Sep
-
27,02
-0,15

Vee-uitvoer: Regering wys verbintenis – Al Mawashi

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: Greg Miles
Foto: Greg Miles
Al Mawashi SA het verlede Oktober met Apac vergader om die biosekerheidsverbintenis van lewendehawe-agente te versterk.

Al Mawashi Suid-Afrika het aangekondig dat lewendehawe-agente wat vee vir lewende uitvoer aankoop, moet verseker dat hulle by die landbouprodukte-agenteraad (Apac) geregistreer is. Verder moet die agente ook verseker dat hulle voldoen aan die biosekerheidsreëls vir lewendehawe-agente, wat onlangs in die Staatskoerant afgekondig is.

“Al Mawashi SA se gediversifiseerde aankoopstrategie sluit direkte handel met boere én die gebruik van betroubare agente in. Dit is in ooreenstemming met die onlangse aankoopooreenkomste met boere. Al Mawashi SA sal slegs besigheid doen met lewendehawe-agente wat by Apac geregistreer is en met diegene met goeie biosekerheidsagtergrond,” het mnr. Ilyaas Ally, besturende direkteur van Al Mawashi SA, gesê.

Al Mawashi SA het onlangs in Oos-Londen ’n werksessie saam met mnr. Francois Knowles, registrateur van Apac, aangebied.

“Biosekerheid is ’n belangrike afdeling van lewende uitvoer. Ons verwelkom dus die afkondiging van die biosekerheidsreëls vir lewendehawe-agente in die Staatskoerant gedurende 2020, asook die handhawing daarvan deur Apac se ouditprosesse,” het Ally gesê.

Hy het bygevoeg dat die reëls en die Apac-oudits ’n verdere laag van biosekerheidsbeskerming aan invoerlande in die Midde-Ooste en aan Al Mawashi self bied, voordat diere by die maatskappy se voerkraal in Berlin in die Oos-Kaap aankom. Die vee word eers daar in uitvoerkwarantyn gehou voor hulle op geakkrediteerde veeskepe gelaai word vir verskeping na die Midde-Ooste.

Apac het verlede Julie die reëls en regulasies begin toepas wat die oudit van lewendehawe-agente deur ’n onafhanklike derde party moontlik gemaak het. Die oudits se doelwit is om te verseker dat biosekerheidsregulasies nagekom word en om lewendehawe-agente se nakoming te beoordeel.

“Agente is verlede September genooi om Apac in kennis te stel van hul gereedheid ten opsigte van die nuwe regulasies, terwyl Apac op sy beurt ’n verslag saamgestel het wat die lewendehawe-agente se biosekerheidsgereedheid vir ’n ouditproses weergegee het,” het Ally gesê.

Hy het rooivleisprodusente aangemoedig om te verseker dat hul agente by Apac geregistreer is en dat hulle goeie biosekerheid toepas as hulle van voorneme is om diere vir uitvoer aan die Midde-Ooste te bied.

“Deur die verslag aangaande biosekerheidsreëls en die handhawing daarvan deur die ouditproses is die Suid-Afrikaanse veebedryf stelselmatig besig om sy biosekerheid te versterk ten einde die verspreiding van siektes te verminder,” het Ally gesê.

Al Mawashi SA het verlede Oktober met Apac vergader om die biosekerheidsverbintenis van lewendehawe-agente te versterk. Verdere vergaderings is geskeduleer om toekomstige verbintenisse te versterk, kontinuïteit te bewerkstellig en groei te bevorder.

“Tesame met die afkondiging van die riglyne van vee-verskeping ter see, wys die publikasie van die biosekerheidsreëls vir lewendehawe-agente hoe sterk die Suid-Afrikaanse regering se verbintenis is tot die volhoubare uitvoer van lewende vee en handel met die Midde-Ooste,” het Ally gesê.
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.93
-1.8%
Rand - Pond
19.45
+0.1%
Rand - Euro
17.37
+0.2%
Rand - Aus dollar
11.70
+0.2%
Rand - Jen
0.13
+0.2%
Goud
1,643.66
0.0%
Silwer
18.87
0.0%
Palladium
2,073.00
0.0%
Platinum
858.50
0.0%
Brent-ruolie
86.15
-5.0%
Top-40
57,110
-3.1%
Alle aandele
63,417
-2.9%
Hulpbronne 10
56,319
-7.5%
Industriële 25
78,436
-1.2%
Finansiële 15
14,142
-1.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Net een lewe doen dit volheid
Ek soek na Liefde en harmonie, Ek is mal oor reís Lief vir golf speel en gym Om met vriende en Familie sosiaal te wees
Looking for authentic people
Ek is lojaal Hardwerkend Hou nie van oneerlikheid nie The slower the better - ons lewe in n kits wereled waar mense te vinnig dinge wil hé Alles in die Lewe is n proses Tyd...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot