Sonder veeartse op die platteland, gaan dit nie gebeur nie.
Op die onlangse kongres van die Herkouerveterinêre Vereniging van Suid-Afrika (Ruvasa) se kongres wat in Gqeberha aangebied is, het mnr. James Blignaut, tans lid van die wetenskaplike paneel van die Wêreldboere-organisasie, opgemerk dat die name van die mense wat die samelewing aan die gang hou, dikwels onbekend is, soos dié van veeartse.
“Wanneer jy na die voorblad van Landbouweekblad kyk en die bul of ram daarop bewonder, weet ons baie van die dier af, maar nie die naam van die veearts wat verantwoordelik is vir die gesondheid van die dier nie. Hulle is die pilare van die samelewing.”