
Weens die droogte in dele van die land beveel veeartse aan dat boere nou van alle “passasiers” ontslae raak - dis nou onproduktiewe, nie-produserende en ou diere.
Die Veeartsenyvereniging van Suid-Afrika stel ’n maandelikse verslag beskikbaar oor siektes en toestande wat die afgelope maand in die land voorgekom het.
Dr. Faffa Malan, sameroeper van van die Veegesondheid en Produksiegroep van die SA Veeartsenyvereniging, het die meegaande verslae vir Februarie 2013 bekend gemaak.
Dr. Hannes Dreyer gee ook aan die hand dat boer ’n bestekopname doen van die beskikbare ruvoer op die plaas, en hoe om vorentoe te beplan.
Klik op die twee dokumente wat hieronder aangeheg is om die VGPG-verslae te lees.
* Lees ook die verslag oor veesiektes in Januarie.