
In sy omvattende maandelikse verslag oor veesiektes skryf dr. Faffa Malan, bekende veearts, dat talle beeste in die droogte gevrek het. Weens die droogte was weiding bitter skaars en slangkop (Urginea spp.) ’n uiters giftige plant, was ook die oorsaak van talle vrektes.
Alle verslae oor veesiektes landwyd is deur veeartse aan die Veegesondheid en Produksiegroep van die SA Veeartsenyvereniging gestuur. Dr. Faffa Malan, sameroeper van van dié groep, het die meegaande verslae vir saamgestel en bekend gemaak.
Sodra dit begin reën behoort boere op die uitkyk te wees vir vee wat sand inkry saam met nuwe groen grasspruite, skryf Malan.
Lees die volledige verslag vir November hieronder, en kyk na die kaart van die aanmeldings van siektes.
Sien ook die verslae vir Januarie, Februarie, Maart, April, Mei, Junie, Julie, Augustus, September en Oktober.