Net ’n druppel spoeg van die dier is nodig om chemiese merkers van spesifieke siektes op te spoor.
Die prototipe is reeds suksesvol gebruik om ’n maagverwante besmetting by varke op te spoor.
Die betrokke navorsers sê in ’n verklaring die toets kan aangepas word om ook vir ander kieme te toets, en om by ander diere te gebruik.