Op Bast Plaats, suidwes van Vryburg, word niks aan die toeval oorgelaat nie. Mnr. Basil Butler boer al meer as vier dekades hier en is die derde geslag Butler op die plaas.
Hy was onder meer voorsitter van die Senepol-klub en 15 jaar lank voorsitter van die Senepol-telersgenootskap. Twee van sy diere het in Augustus 2021 rekordpryse op die nasionale Senepol-veiling behaal.
Die Calcrete-stoetery se SP-bul AB 180170 is vir R140 000 aan die St. Helena-boerdery van Excelsior verkoop, terwyl die IA-boerdery van Kimberley R70 000 vir ’n koei (AB 130103) met bulkalf opgedok het. Butler het in 2001 saam met ’n ander teler beeste uit Zimbabwe ingevoer.