AFGRI
BEAN
30 Sep
-
9390
34,00
CORN
30 Sep
-
4810
22,00
SOYA
30 Sep
-
9520
128,00
SUNS
30 Sep
-
10240
35,00
WEAT
30 Sep
-
7115
15,00
WMAZ
30 Sep
-
4926
34,00
YMAZ
30 Sep
-
4839
46,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
0,00
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
0,00
Beeste A2/3
16 Sep
-
60,68
-0,67
Beeste AB2/3
16 Sep
-
56,6
-0,92
Beeste B2/3
16 Sep
-
52,85
-1,51
Beeste C2/3
16 Sep
-
50,84
1,51
Bevrore Hoender
16 Sep
-
31,02
-0,01
Bokkies (onder 30 kg)
16 Sep
-
75,48
18,07
Bokooie
16 Sep
-
45,78
3,28
Groot (meer as 40 kg)
16 Sep
-
44,01
5,77
Hoender (IQF)
16 Sep
-
30,23
0,48
Medium (30-40kg)
16 Sep
-
53,08
10,03
Pork Average
16 Sep
-
27,22
-0,34
Poultry Average
16 Sep
-
31,03
-0,15
Skaap A2/3
16 Sep
-
95,57
2,81
Skaap AB2/3
16 Sep
-
86
2,91
Skaap B2/3
16 Sep
-
79,77
0,66
Skaap C2/3
16 Sep
-
75,06
0,47
Speenkalf
16 Sep
-
37,59
-0,66
Spekvarke
16 Sep
-
27,98
-0,75
Stoorlammers
16 Sep
-
43,3
0,38
Varkwors
16 Sep
-
22,4
-0,17
Vars Hoender
16 Sep
-
31,83
-0,92
Vleisvarke
16 Sep
-
27,17
-0,28

Wagyu-kongres aanlyn gehou

akkreditasie
’n Internasionale kongres oor die Wagyu-beesbedryf word van 10-12 November aanlyn deur Suid-Afrika gehou. Dié stap is nodig weens die beperkings wat die Covid-19-pandemie op internasionale reise plaas.

Dr. Michael Bradfield, uitvoerende hoof van Wagyu Suid-Afrika, sê dit is die eerste keer dat Suid-Afrika hierdie internasionale kongres aanbied. Dit sou by die Allemanskraaldam naby Winburg gehou word, maar die virus het ’n stokkie daarvoor gesteek.

Verskeie kenners van die Wagyu, ’n Japannese beesras wat bekend is om sy uitsonderlik sappige vleis met sy hoë mate van tussenspierse vet (marmering), gaan lesings aanbied.

Lesings word in drie dele met ’n daaglikse tema aangebied, naamlik voortgesette, internasionale ontwikkeling van die ras (dag een), die uitnemendheid van die produk (dag twee) en tegniese sessies (dag drie). ’n Meesterteler van Japan en beeskenners van verskillende lande tel onder die sprekers. Prof. Tim Noakes van Suid-Afrika, ’n sportwetenskaplike wat bekend is om sy standpunt dat mense minder koolhidrate moet eet, is ook ’n spreker.

Op die tweede dag gaan twee sjefs van Amerika en een elk van Suid-Afrika en Australië hul kookvernuf wys. 

’n Paneelbesprekings sal elke dag ná afloop van die lesings aangebied word, terwyl die kongres afgesluit gaan word met ’n vergadering deur uitvoerende hoofde en voorsitters van die Wagyu-organisasies in lande waar die ras reeds sterk gevestig is. Hulle gaan oor die toekoms besin en ’n internasionale komitee stig.

Belangstellendes wat die kongres aanlyn wil bywoon of die volledige program wil bekom, kan e-pos stuur aan events@landbou.com of hier kaartjies koop. Die koste beloop R500 vir Suider-Afrikaanse besoekers. Die konferensie word op die betrokke drie dae saans van 19:00 tot 22:00 aangebied. 

Hoogtepunte:

  • Produk van wêreldgehalte – dít is hoekom ons sê
  • Topsjefs sê mekaar die stryd aan ’n internasionale Wagyu-kookkompetisie
  • Redes om hoopvol te wees oor die internasionale aanvraag na Wagyu-vleis
  • Die Wagyu se rol in ’n gesonde dieet
  • Tegnologie en stelsels vir karkasgradering

PROGRAM

DAG 1

Tema: Voortgesette internasionale ontwikkeling van die Wagyu

19:00-19:20 Verwelkoming – organiseerder en hoofborg

19:20-19:30 Opening – mnr. Shogo Takeda (meesterteler en internasionale Wagyu-stigter)

19:30-19:50 Mnr. Roelf Meyer – Die waarde van samewerking

19:50-20:00 Mnr. Yokio Sato – Behaal internasionale sukses met Japannese waardes

20:00-20:30 Prof. Dale Woerner – Hoe die Wagyu aanspraak kan maak op ’n meerderwaardige produk

20:30-20:45 Pouse

20:45-21:30 Voorsitters/uitvoerende hoofde – Terugvoering van die Wagyu-bedryf in die belangrikste lande

21:30-22:00 Paneelbespreking – ’n Toekomsvisie vir die Wagyu op internasionale vlak

DAG 2

Tema: Vier die produk 

19:00-19:10 Verwelkoming – organiseerder en hoofborg.

19:10-20:15 Internasionale Wagyu-kookkompetisie – vier voorste internasionale sjefs (twee van Amerika en een elk van Suid-Afrika en Australië)

20:15-20:30 Pouse

20:30-21:15 Verteenwoordigers van Meat and Lifestock Australia (mnr. Andrew Cox) en die Amerikaanse bedryf (J.K. Ha) – Goeie redes om hoopvol te wees oor die internasionale vraag na Wagyu en Akaushi

21:15-21:45 Prof. Alison Van Eenennaam – Die belangrikheid van vernuwing vir die toekoms van beesvleisproduksie

21:45-22:15 Prof. Tim Noakes – Die Wagyu se rol in ’n gesonde dieet

22:15 Paneelbespreking

DAG 3

Tegniese sessies

19:00-19:10 Verwelkoming – organiseerder en hoofborg.

19:10-19:45 Mnr. Andrew Cromie (ICBF) – Internasionale genetiese evaluering: Die Ierse vleisbees- en suiwelondervinding

19:45-20:30 Tegnologie en stelsels vir karkasgradering (15 minute per sessie) – MIJ (Japan), Masterbeef OCM-tegnologie (Australië) en E&V Technologies (Duitsland)

20:30-20:45 Pouse

20:45-21:15 Wagyu-sertifiseringsprogramme (10 minute per afgevaardigde)

21:15-21:45 Genetiese evaluering (10 minute per afgevaardigde)

21:45-22:15 Oop vergadering van uitvoerende hoofde en voorsitters: Terugvoering van die vorige internasionale konferensie, die skep van ’n gesamentlike visie en die stigting van ’n internasionale Wagyu-reëlings- en tegniese komitee

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.99
-0.2%
Rand - Pond
19.99
-0.2%
Rand - Euro
17.54
+0.4%
Rand - Aus dollar
11.65
+0.1%
Rand - Jen
0.12
-0.1%
Goud
1,662.50
+0.1%
Silwer
18.88
+0.3%
Palladium
2,200.50
-0.2%
Platinum
858.00
-1.2%
Brent-ruolie
88.49
-0.9%
Top-40
57,114
+0.3%
Alle aandele
63,451
+0.3%
Hulpbronne 10
59,381
-0.7%
Industriële 25
77,043
+0.4%
Finansiële 15
13,896
+1.4%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Wat jy sien is wat jy kry
Ek maar n stil mens praat nie baie nie is n introvert ek laat my hande die praat werk doen en ek is baie rustige persoon en hou daar van om tyd saam n special person tyd te...
So sorts soos stoop
N ma Nuwe mense ontmoet Hier vir nou Hou van kook en kos maak Praat met my Wie weet wat wag Sien uit vir wat voorle Lus vir die lewe
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot