Volgens kenners raak honde ook emosioneel en tranerig. Dit gebeur dikwels wanneer hulle weer hul eienaars groet nadat hulle vir ’n tyd- perk van mekaar geskei was.
“Ons het gevind dat honde trane stort terwyl hulle gelukkige emosies ervaar,” sê prof. Takefumi Kikusui van die Azabu-universiteit in Japan. Kikusui reken dit het te doen met die werking van oksitosien, die sogenoemde moederlike of liefdeshormoon.
Oksitosien word ook vrygestel wanneer honde-eienaars met hul troeteldiere speel.Kikusui het oor die rol daarvan begin dink nadateen van sy poedels ses jaar gelede kleintjies gekry het. Hy het opgelet dat wanneer hulle aan hul ma gesuip het, die teef se gesig verander het en daar trane in haar oë was.