Die aansienlike veldverbetering op ’n aanvanklik weidingsarm skaapplaas in die Vrystaat het nie oornag gebeur nie, maar ná net duskant twintig jaar van volgehoue veldbestuur, het die risiko van droogte van 65% tot 20% afgeneem.
Boonop kan mnr. Arnold Griesel van Grootzuurfontein danksy sy verbeterde weiveldbestuur 225 meer ooie aanhou as in 2004 met die begin van die projek. Sy inkomste het die afgelope 18 jaar met R147 per hektaar verhoog, en sy inkomste ná voerkoste beloop R1 729,60 per ooi.
Dele van die plaas wat aanvanklik in ’n swak tot baie swak toestand was, het danksy die wetenskaplike weidingsbestuursbenadering aansienlik verbeter.