Drie voldagwerksessies word van Augustus tot Oktober elk op Montagu en by die Langgewens-navorsingsplaas tussen Malmesbury en Moorreesburg aangebied. Elke sessie gee onderskeidelik ’n holistiese blik op droogtebestuur, roofdierbestuur en toegepaste agri-ekologiese bestuur.
Aspekte word bespreek wat betref die verligting van roofdier-konflik, boerderybestuursmetodes en -praktyke wat die natuur beskerm en boere bevoordeel, en voedselsekerheid verhoog.
Volgens die CLT vind die produktiwiteit en volhoubaarheid van boerderye, asook natuurlike plant- en dierelewe, baat by holistiese bestuursmetodes.